Weg! Ry & Sleep

Laat rol met ’n veldkatrol

’n Wenas is ’n nuttige ding om jou uit menige verknorsin­g te red, maar weet jy hoe om dit veilig te gebruik en onderhou?

- Teks Cyril Klopper

As jy destyds die fliek The Gods Must be Crazy gekyk het, sal jy moontlik die skreeusnaa­kse toneel onthou waarin Marius Weyers sy Land Rover in ’n boom ophys. Dié toneel het waarskynli­k ’n gros jong kykers mateloos beïndruk en gesorg vir drome om ook eendag ’n ryding met ’n wenas te hê. Voeg daarby die SAUK se uitsending van die Camel-trofee wat ongetwyfel­d dié toestel verder in jong psiges ingeëts het. Daardie hardebaard manne wat kniediep deur modder beur met wenaskabel­s oor hulle skouers was heldemater­iaal.

As jy egter ’n wenas op jou eerste veldryer laat monteer het sonder om twee keer daaroor te dink, het jy dalk die ironie beleef

dat dit 99% van die tyd ’n nuttelose katoeter is, maar een waaroor jy innig dankbaar is die dag as jy hom wel nodig kry. Lees eers hier voor jy een koop.

VÓÓR JY KOOP

Hoe sterk?

Die basiese reël is dat ’n elektriese wenas minstens 1½ keer die bruto voertuig massa( B VM) van jou voertuig moet kan sleep. ’n Jeep Wrangler het ’n BVM van nagenoeg 2 500 kg. Maal dit met 1½ en jy kry 3 750 kg. Aangesien ’n wenas se trekvermoë in pond aangegee word, moet jy die metrieke getal omskakel na pond (lb); in dié geval 8 267 lb. ’n T-MAX 8500LBS XPOWER wat 8 500 lb kan trek, sal dus deug.

As jy ’n boswoonwa na die

Epupavalle toe sleep – met kos en kamptoerus­ting – moet jou wenas eerder sterk genoeg wees om 1½ keer jou voertuig se bruto kombinasie massa( B KM) te sleep. ’n Nuwe Nissan Patrol het ’n BKM van 7 000 kg, wat beteken jy gaan ’n bul van ’n wenas soos die Warn Series 15-S Spydura ProMax moet vasbout as jy dié Patrol met ’n swaargelaa­ide Aloe Lebombo op die haak uit ’n sloot wil herwin. Maak dus die som vóór jy ’n wenas koop.

Staal of sinteties?

’n Wenas is tradisione­el toegerus met staalkabel­s, maar deesdae word dit toenemend vervang met sintetiese tou (of plasmatou). Dit is ligter as staal, dit roes nie, dit is meer buigsaam, dryf op water en is sterker as staal – en as dit wel breek, is dit taamlik maklik om te herstel. Die belangriks­te van alles is dat tou nie kinetiese energie berg nie. Dit beteken ’n sintetiese tou sal nie soos ’n sweep klap en lyfhoogte na jou toe aangevlieg kom wanneer hy breek nie – iets wat dikwels met staalkabel­s gebeur. Dit val eerder bloot slap op die grond.

Waarom dan ’n staalkabel kies as sintetiese tou só ’n wonderprod­uk is? Sintetiese tou is sensitief vir sonlig en chemikalie­ë, en raak geleidelik swakker, veral as jou trokkie vir lang tye buite staan. Dit rafel uit as bosse aanhoudend daarteen skuur. Sintetiese tou is oor die algemeen beter as staalkabel­s, maar dit is allermins ’n uitgemaakt­e saak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa