Weg! Ry & Sleep

WENKE VIR NADENKE

-

Op- of afgerol?

Die doeltreffe­nde krag waarmee die wenas trek, word beïnvloed deur die hoeveelhei­d lae van die kabel wat op die wenas se spoel is. Hoe minder kabel aan die spoel, hoe sterker die krag waarmee die wenas trek. Dus is dit voordelig om die kabel so ver as moontlik uit te rol voordat jy begin met die herwinning­s-proses. Maak seker daar is darem so vyf draaie van die kabel op die spoel oor – jy wil nie hê die kabel moet van die spoel af loskom nie.

Dra swaar

’n Wenas met ’n staalkabel weeg ongeveer 40 kg (net ’n raps minder as die kabel met ’n sintetiese tou vervang word). Indien jy dit voor op jou voertuig monteer, moet jy in ag neem dat daar gewig verby die voorwiele gevoeg word; dus sal jou vering waarskynli­k ook aangepas moet word om die ekstra gewig te hanteer. Jy moet ongelukkig ook jou voertuig weegstasie toe neem en die nuwe tarragewig by die owerheid registreer.

Hou vas

Omdat die wenas baie trekkrag op die voertuig uitoefen, is dit belangrik om dit op ’n stewige staalplaat te monteer wat direk aan die onderstel vasgesweis is. Die meeste bosbrekers het ’n ingeboude wenasplaat, en die bosbrekers word ook direk aan die onderstel vasgebout. As jy nie jou luukse sportnuts se voorkoms wil verander nie, kan jy die wenas agter die standaard-plastiekbu­ffer op ’n plaat monteer, en net ’n gat deur die buffer sny vir die kabel.

Grawe oop en laai uit

Moenie lui wees en ál die verantwoor­delikheid op die wenas plaas nie. Jy kan sy betroubaar­heid verhoog en sy lewensduur aansienlik verleng as jy help waar jy kan. Grawe die wiele oop voor jy begin met die herwinnigs-proses, en as jou voertuig vol verveelde familieled­e sit, moet jy hulle vra om terstond uit te klim en solank ’n koffietjie en beskuit voor te lê as loon vir jou heldedaad. Jy kan gerus ook jou boswa afhaak – hom kan jy later nader sleep.

Pas hom op

Jy moet jou wenas minstens elke tweede maand gebruik – al is dit net in jou werf. Rol die kabel of tou uit en haak dit aan ’n boom. Katrol jou veldryer nader met die wenas. Die wenas se motor moet warm word sodat die olie kan sirkuleer.

Boombesker­mers

’n Staalkabel wat om ’n onbeskermd­e boomstam trek, sal die bas sny (ring bark) en die boom sal mettertyd vrek. Draai ’n boombesker­mer óm die stam, so na as moontlik aan die grond. Waardeer die natuur; moenie een van dáái ouens wees nie.

Herwinning skomberse

Om die gevolge te probeer demp van ’n kabel wat die gees gee, kan ’n herwinning­sak, herwinning­stou of herwinning-skombers bo-oor die kabel gehang word. Dit sal die sweepslag van die kabel dramaties verminder en moontlik iemand se lewe red.

 ??  ?? BELANGRIKE TOERUSTING
BELANGRIKE TOERUSTING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa