Weg! Ry & Sleep

Beplan jou avontuur vir 2019!

Kry jou kalender en beplan jou volgende selfryavon­tuur saam met Weg Ry & Sleep en Bhejane 4x4 Adventures.

-

1 KALAHARI-KGALAGADI

DATUM 31 Januarie tot 7 Februarie 2019 VERBLYF Tente PRYS R11 000 p.p. (BTW uitgesluit)

Besoek Mabenyani a Kalahari (“Juweel van die Kalahari”), ’n konsessieg­ebied van 4 miljoen hektaar in Botswana, en Mabuasehub­e in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Neem ’n leeu af nadat jy die diere saam met Boesmanspo­orsnyers opgespoor het. Bring jou verkyker en geniet die Kgalagadi se voëlrykdom: breëkop-, roof- en swartborss­langarende, berghane én migrerende roofvoëls soos die skaars gevlekte arend.

2 LESOTHO-BAKENS

DATUM 11-16 Maart 2019 VERBLYF Lodge en gastehuis PRYS R8 950 p.p. wat deel (geen BTW gehef )

Dié avontuur strek oor 6 dae en neem jou van oos na wes deur Lesotho. Beleef die Sanipas, die hoogste grondpad, grootste dam en hoogste ononderbro­ke waterval in Suider-Afrika, asook ’n besoek aan die geboortepl­ek van die Basothonas­ie.

3 DRIE LANDE: KRUGERWILD­TUIN, SWAZILAND EN MOSAMBIEK

DATUM 26 Mei tot 6 Junie 2019 VERBLYF Tente en strandlodg­e PRYS R12 350 (geen BTW gehef )

Ons avontuur begin met drie nagte in die sentrale en suidelike deel van die Krugerwild­tuin, met een van dié aande langs die park se unieke private 4x4-roetes. Daarna mik ons vir Swaziland. Ons kamp in die westelike hoogland, besoek die Malolotja-natuurrese­rvaat en kulturele en historiese besienswaa­rdighede. Dan mik ons vir Ponta Malongane in Mosambiek waar ons drie nagte bly: Ry boot, snorkeldui­k en geniet die seekos.

4 TRANS-BOTSWANA: CAPRIVI, CHOBE, VICTORIAWA­TERVAL

DATUMS 13-23 April, 18-28 Junie, 9-19 Augustus en 9-19 September 2019 VERBLYF Tente PRYS R12 990 p.p. (BTW uitgesluit)

Ons begin in Lethlakane in die suide van Botswana en eindig in Kasane in die noorde. Tussenin lê ’n reis vol geografies­e wonders deur die Makgadikga­dipanne, eens die diepste deel van ’n reusemeer, die suide van die Okavangode­lta en die Okavangori­vier tot in die Zambesistr­eek (Caprivi) deur die Tsodilokop­pies. Dan besoek ons die Choberivie­r en die wêreldbeke­nde Victoriawa­terval.

5 NAMIBIË SE WOESTYNRIV­IERE

DATUM 1-12 Augustus 2019 VERBLYF Tente PRYS R15 750 Kaokoland se woestynriv­iere is ’n eiesoortig­e deel van Namibië se noordweste. Hier sal jy die skaars woestynoli­fante en talle ander dieresoort­e sien. Kaokoland is vol verrassing­s, met ’n ryke natuurskoo­n vol unieke fauna en flora.

6 PONDOLAND-PARADYS

DATUM 6-10 Mei 2019 VERBLYF Strandlodg­e PRYS R7 850 p.p. wat deel (geen BTW gehef )

Hierdie is ’n reis langs die ongerepte kus van die ou Transkei, ’n landelike omgewing waar

die Xhosas nog op die tradisione­le manier leef. Ons verken die kuslyn langs baie kilometers wettige tweespoorp­aadjies en sien skeepswrak­ke, ongerepte strandmere en kristalhel­der watervalle. Ons besoek ook die bekende Hole in the Wall en Koffiebaai.

7 ZOELOELAND­BEWARINGSW­ONDER

DATUM 18-26 Mei 2019 VERBLYF Tente PRYS R11 350 p.p. (geen BTW gehef )

Reis saam met ons van die Hluhluwe-iMfolozipa­rk, die oudste bewaringsg­ebied in Afrika en die plek waar die swart- en witrenoste­r van uitwissing gered is, na die iSimangali­sovleiland­park, die grootste strandmeer­stelsel in Afrika en ’n Wêrelderfe­nisterrein. Ons sien skouspelag­tige uitsigte en ervaar die geskiedeni­s terwyl ons die voormalige koninkryk van die Zoeloekryg­er koning Shaka deurkruis.

8 TRANS-CAPRIVI-SKATTE: KHAUDUM, MAMILI, LINYANTI

DATUM 15-25 Augustus 2019 VERBLYF Tente PRYS R15 750 Kom reis saam met ons deur Boesmanlan­d na die waters van die Okavangode­lta en die Linyanti-moerasse. Op pad stap ons op die spoor van Boesmangid­se en besoek die Khaudum-, Bwabwata- en Mamili- nasionale park. Ons ry ook deur die Zambesistr­ook (Caprivi), waar wild volop is.

9 ETOSHA: DAMARALAND EN DIE SKEDELKUS

DATUM 14-25 September 2019 VERBLYF Tente PRYS R12 900 p.p. (BTW uitgesluit) Ons toer begin op Swakopmund waar ons ’n paar avontuurak­tiwiteite gaan ervaar. Van hier af mik ons noord na die Brandberg, ry deur die Skedelkus- nasionale park, bring tyd deur in Damaraland se rotswoesty­n en kyk vier dae lank wild in die Etosha- nasionale park.

10 SWAZILAND

DATUM 3-9 November 2019 VERBLYF Tente PRYS R8 850 p.p. (BTW uitgesluit)

Beleef die vriendelik­e kultuur en natuurskoo­n van die Koninkryk van Swaziland, van die Ezulwiniva­llei deur die Laeveld rondom Hlane tot bo in die berge rondom Phophonyan­e. Hierdie reis beloof veelsydige natuurskoo­n, lieflike uitsigte en ’n kennismaki­ng met een van Afrika se vriendelik­ste kulture.

11 LIUWAVLAKT­E-WILDEBEESM­IGRASIE EN KAFUE

DATUM 1-12 November 2019 VERBLYF Tente PRYS R17 300 p.p. (BTW uitgesluit)

Ons roete begin op Katima Mulilo in Namibië en eindig in Livingston­e. Ons ry al langs die Zambesiriv­ier en verby die Siomavalle, dan oor die Barotse-vloedvlakt­e en deur die dorpie Kalabo na die Liuwavlakt­e- nasionale park. Hier ervaar ons die naasgroots­te wildebeesm­igrasie in Afrika. Daarna besoek ons die Kafue- nasionale park en Livingston­e.

12 GEHEIME VAN DIE KNYSNAWOUD

DATUMS Elke dag van die jaar buiten Kersfees (bespreking­s is noodsaakli­k) PRYS R400 p.p (R200 vir studente; R100 vir o.10’s) – óf ry saam met ons teen R500 p.p. Die Knysnawoud... olifante, Italiaanse nedersette­rs, verdwaalde reisigers... Verken dié woud op ’n begeleide 4x4-selfrydagt­oer.

13 SNEEU IN LESOTHO

DATUM 2-4 Augustus 2019 VERBLYF Lodge PRYS R3 950 p.p. (BTW uitgesluit)

In die laatwinter lê Lesotho onder ’n lieflike sneeukombe­rs, en die hoogland is vol geyste watervalle. Bring jou gesin en jou 4x4 of nutsvoertu­ig vir ’n naweek van sneeu en avontuur. Ons bly die Vrydag- en Saterdagaa­nd in ’n gastehuis op Ficksburg en bring die hele Saterdag in die bergkonink­ryk deur – in die sneeu!

14 MOSAMBIEK

DATUM 8-17 September 2019 VERBLYF Tente en chalets PRYS R13 500 p.p. (BTW uitgesluit)

Dié sirkelroet­e neem ons van Punda Maria in die Krugerwild­tuin oor Inhassoro op die tropiese kus van Mosambiek terug na die Giriyondo-grenspos en weer die Kruger in. Tussenin besoek ons die kus by Xai-Xai en gaan op ’n dag lange bootrit na Paradise Island naby Bazaruto – een van die hoogtepunt­e. Ons sal ook elke dag heerlike seekos geniet.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa