Weg! Ry & Sleep

SPIEËLBEEL­DE

Met ’n weerkaatsi­ng op jou foto kan jy omtrent ’n prentjie om ’n hoek raaksien. Soos dié drie lesers.

-

Kniediep... Sodra hy ’n kans kry om ’n foto in die natuur te neem gryp hy dit dadelik aan, vertel die vyftienjar­ige Hennie Steyn van Rayton in Gauteng.

“Ons het die Krugerwild­tuin besoek en een oggend ’n draai gaan ry om te kyk of ons wild kan sien. Op ’n kol het ons verby ’n dam gery en ’n nimmersat gesien. Dit is ’n mooi voël om af te neem, maar die gladde water en die weerkaatsi­ng van die voël het dadelik my oog getref. Ek het nie my eie kamera nie, maar ek was saam met oom Ben Arnoldi, ook van Rayton, in die kar. Ek het sy kamera gou geleen om die foto te neem.”

Die voël met sy geel snawel tref omtrent die oog – en ’n mens sien ook nie gereeld water só spieëlglad nie. Dit was dus windstil met net enkele sagte rimpels op die oppervlak. (Dit lyk of die rimpels kom van die krokodil links op die agtergrond...) Dié rimpels vervorm die weerkaatsi­ng van die voël tot so ’n mate dat dit amper soos ’n moderne skildery lyk. Jy sien steeds in die weerkaatsi­ng detail van die voël sonder dat die beeld té verwronge is.

Hennie sê hy het die krokodil eers ná die tyd op die foto gesien, en nou staan die arme voël nog met sy rug na die kêrel met die groot kake...

Die krokodil saam met die takkie wat in die voorgrond buite fokus is, balanseer op ’n aardige manier die foto. Die fotoraam sny deur albei – as ’n reël is dit nie ideaal nie, want ’n mens sal eerder meer op ’n foto wil sien as te min. Tog verleen dié twee elemente waardevoll­e konteks oor die omgewing. Sonder dit kyk jy slegs na ’n voël wat in die water staan.

Vir ’n nóg treffender foto kan ’n mens die raampie nader trek tot net bo die bene van die nimmersat én ondertoe om die hele weerkaatsi­ng van die voël in te kry. Dit gee die foto dadelik ’n kunstige aanslag waar ’n mens steeds genoeg detail sien om te weet dis ’n nimmersat.

Omdat jy dan nie dadelik weet waarna jy kyk nie, kyk ’n mens langer na die foto terwyl jou brein dit ontrafel en ’n mens die foto verder geniet.

 ??  ?? Nikon Coolpix B700; 38,8 mm (200 mm op ’n 35 mm-kamera); 1/320 van ’n sekonde; f5,3; ISO 100
Nikon Coolpix B700; 38,8 mm (200 mm op ’n 35 mm-kamera); 1/320 van ’n sekonde; f5,3; ISO 100
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa