Weg! Ry & Sleep

Bedaard op die water

-

Toe die oggend se mooi voor hom verskyn, het Gert Greeff van Melkbosstr­and nie sy kamera by hom gehad nie: Hy moes ’n ander plan maak.

“Ons besluit op ’n toer teen die Weskus af met die wegtrekpun­t Pella in die Noord-Kaap. Ons kamp sommer teen die Oranjerivi­er. Ouder gewoonte staan ek vroeg op en sien dié oggend se mooi sonsopkoms. Ek het nie my kamera by my nie – en daar is ook nie tyd om hom gou te gaan haal nie, want daardie goue oomblik terwyl dit lig word, is baie vinnig verby. Daarom het ek besluit om sommer my slimfoon te gebruik om die mooi oomblik vas te vang.”

’n Mens ken die Noord-Kaap so: ’n landskap wat besaai is met oop vlaktes. Dié foto van Gert met die weerkaatsi­ng op die water is ’n versinnebe­elding van daardie ooptes. Die foto het bittermin detail, maar trek tog ’n mens se aandag. Dit is grootliks die komposisie wat daarvoor verantwoor­delik is, maar sonder dat ’n mens dit agterkom, speel die vertikale formaat ’n beduidende rol. Die regop formaat is minder algemeen, want ’n mens is meer geneig om horisontal­e foto’s te neem, én dan is ons ook gewoond aan die plat formaat van byvoorbeel­d ’n TV en rekenaarsk­erm. ’n Mens kyk dus omtrent heeldag deur ’n horisontal­e “bril” na die wêreld, en dis om dié rede dat ’n regop foto die oog tref, veral as jy die formaat slim gebruik. Boonop voel die inhoud van die foto tydloos.

Die detail beslaan nie eens ’n kwart van die foto nie, maar dit wat daar is – die koppies, die rimpelings­s op die water, en, as jy nader kyk, die gras wat ondertoe uit die water steek, is genoeg om jou die stille sonsopkoms self te laat ervaar. Al kyk ’n mens spontaan eerste na die ligste gedeelte op die foto, is dit nie lank nie voor jy afkyk en die foto van onder uit die donker water na bo absorbeer tot oor die horison – en eindig teen die donker hemel. Die ene rus en vrede.

 ??  ?? Samsung A5; 4,2 mm (31 mm op ’n 35 mm-kamera); 1/640 van ’n sekonde; f2,2; ISO 50
Samsung A5; 4,2 mm (31 mm op ’n 35 mm-kamera); 1/640 van ’n sekonde; f2,2; ISO 50

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa