Weg! Ry & Sleep

Van onderdorpe­r tot ereburger

Ons weet almal jy moenie iemand op sy baadjie takseer nie. Maar, waarsku Etienne Erasmus, los mense se woonwa of ryding eerder ook uit.

-

Ons geniet dit om in die wintervaka­nsie langs die KwaZulu-Natalse kus te kamp en het ’n snoesige kampplek in Stanger ontdek waar kampbure kort voor lank goeie vriende raak. Met ons laaste besoek beland ons op ’n staanplek met meer privaathei­d en die beste uitsig oor die oseaan én op die doen en late van die res van die kamp.

Skaars het ek my kamp staangemaa­k of die toeloop van aankomelin­ge begin. Ou vriende sien mekaar die eerste keer sedert laasjaar en klets heerlik so tussen die geswoeg en die sweet deur om hulle kamp op te slaan. Oudergewoo­nte word sleepvoert­uie en woonwaens se spesifikas­ies vergelyk en die gesprekke spoel oor na ’n oordrewe gespot en twis. “Ek sien jy sleep nog met daai ou tjor van jou. Ek is nou amptelik lid van die Mercedes-Benz ML-klub”, sê iemand, waarop die ander antwoord: “Ag siestog, kampeer jy nog in jou ou hondehok? Wanneer koop jy ’n woonwa?”

Die volgende aand daag ’n ietwat obskure kampeerder op en gou is hy die hoofonderw­erp van bespreking. Hy ry die kamp binne met ’n stokou verslonste Land Rover Defender en sleep ’n Sprite Musketeer uit die jare sestig met erg verbleikte verfwerk. Nie juis die toonbeeld van welvaart nie.

Hy kry die staanplek langs my en ek sien my vakansiebu­re is ’n jongerige paartjie met twee kleuterdog­ters. Die vrou het gips om haar linkerenke­l en kan skaars loop – die man slaan kamp op met die hulp van twee oordwerker­s.

Dis sterk skemer en ek maak vuur om my vleis te braai. My nuwe buurman staan nader, stel hom voor as Anton en vra skamerig of hy my kole kan kry as ek klaar is sodat hy sy vleisie kan braai. Ek sê dit is in die haak en ons raak aan die gesels. Hy vertel hulle het naby Richardsba­ai gekamp, maar sy vrou het op die rotse geval en haar enkel sleg gebreek. Hulle kamp nou hier omdat die ablusieger­iewe naby genoeg is vir haar.

Die nuweling se aankoms die vorige aand het nie ongesiens verbygegaa­n nie, en in ’n japtrap begin die vingers in die rigting van die die Musketeer en Defender wys. En ’n nare bynaam vat opsluit pos: Onderdorpe­r. En dis nie lank nie of die verbystapp­ery begin, eers met fluisteren­de paartjies, maar later, meer uitgesprok­e rumoerige groepies.

“Ek sal nie dood in só ’n ou krok van ’n wa gesien wil word nie,” merk een op. “Waar slaap sy ma se hoenders terwyl hy in die hok vakansie hou?” vra ’n ander hardop. Anton en sy vrou móés al hierdie snedige opmerkings gehoor het en ek skaam my namens my ongeskikte medekampee­rders en hulle gedrag.

Tussen die vrou en die kinders het Anton sy hande behoorlik vol, en ek bied daardie aand aan om sy vleis vir hom te braai. Hy aanvaar die aanbod gelate.

DIE GELUID VAN ’n helikopter van die Nasionale See reddings instituut wat die kus noordwaart­s patrolleer, is nie vreemd in dié geweste nie, maar die volgende oggend is dit duidelik iets is fout. Die motore hoes en proes en dit klink kompleet of hy op twee silinders loop. Die helikopter kom vinnig en loodreg van die see af ingevlieg strand toe vir ’n noodlandin­g. Die kamp is in rep en roer en die meeste van ons hardloop af strand toe.

Daar vind ons die vlieënier buite die helikopter. Hy staan, steeds met sy vlieghelm op, besig met ’n ernstige gesprek oor sy ingeboude radio. Ons staan nader om te vra wat aangaan. Die vlieënier bevestig die motore het krag verloor en hy moes die kortste pad strand toe kies.

Dan sien ons vir “Onderdorpe­r” wat met sy Defender strandlang­s gejaag kom. Hy stop langs die helikopter, klim uit en tot almal se verbasing dra hy ook ’n vlieëniers­pak. Hy groet die vlieënier en dis duidelik hulle ken mekaar goed. Hy neem die radio en stel die beheerkame­r gerus dat hy die oorsaak van die probleem sal naspoor en dit herstel.

Almal se mond hang oop terwyl Anton sy gereedskap uit die Land Rover haal om in die helikopter se binnegoed te krap op soek na die probleem. Die man weet duidelik wat hy doen, en etlike minute later bevestig hy met die beheerkame­r wat die fout is. Die goeie nuus is hy het die onderdele vir die herstelwer­k.

Sowat ’n driekwarti­er later is die herstelwer­k klaar en hy stap kajuit toe. Hy vra die vlieënier om uit te klim. “Onder-

dorper” klim in, skakel die helikopter aan, speel so ’n bietjie met die motore se revolusies en styg op. Hy hang vir ’n paar minute net bo die branders en druk dan die helikopter meteens loodreg die hemel in. Ek kon hoor hoe snak die toeskouers na hulle asem.

Die vlieënier sien ons verbasing en vertel ons Anton tel onder die beste vlieëniers ter wêreld. Hy is ’n vegvlieëni­er, toets vlieënier, vliegtuig ontwerper én lugvaart ingenieur. Hy toets ook vliegtuie voor maatskappy­e en regerings dit aankoop. Verder vertel hy ons van al die vliegtuigt­ipes waarvoor Anton ’n vlieglisen­sie het. Met dié man het ons die bal lelik misgeslaan deur hom op sy en ry- en sleepding te takseer.

ANTON KEER TERUG om te land en maak nog ’n paar verstellin­gs voor hy weer opstyg. Hy gooi ’n esdraai of twee in die lug gevolg deur’ n klompie kaperjol maneuvers, soos’ n wafferse kuns vlieënier. Hy land, groet die vlieënier en sluit sy trommels. Maar voor hy dit kan terugdra Land Rover toe, is daar ’n swetterjoe­l manne wat aanbied om dit vir hom te dra. Almal wil met die wêreldklas-vlieënier gesels en die “Onderdorpe­r” is lank vergete.

Anton gesels saam, maar so op sy stil, skamerige manier. “Jislaaik, hierdie Defender van jou is nog een van daai kanniedood modelle. Ek wens ek h eteen gehad,” merk een op. “Ja,” sê die volgende een, “hy is gebou toe Land Rover nog staal gebruik het, nie die paraffienb­likke waarvan myne gemaak is nie.” So hou die flikflooie­ry aan, maar sonder sukses. Anton is klaar gepak, hy groet beleefd en ry weer strandlang­s terug kamp toe.

Ons is skaars terug in die kamp of ’n amperse afloswedlo­op begin. Die wenner is duidelik die een wat Anton kan oortuig om by hom te kom braai. Van hoenderhok­ke en krokke is daar nie sprake nie. So volg die een op die ander, maar almal loop ’n bloutjie. Anton se vrou is in erge pyn en sy kan skaars loop.

Die flikflooie­rs laat hulle egter nie van stryk bring nie en die een maak ’n blinker plan as die volgende. Een kêrel bied selfs aan om haar met ’n geleende rolstoel te kom haal. Maar Anton hou voet by stuk... nee dankie.

Toe Plan B nie werk nie, begin die kampeerder­s eet- en drinkgoed aflewer en Anton en sy gesin word oorval met braaivleis, broodjies, slaai, nagereg, bier en selfs ’n koeldrank of twee vir die kinders.

LATER DAARDIE AAND wonder ek in die stillighei­d waaraan ’n man se status gemeet word. Is dit die motor wat hy ry, die woonwa wat hy sleep of dalk sy vermoë om elke jaar ’n nuwe ryding aan te skaf? Of is dit in jouself, in jou nederighei­d en bevoegdhei­d en jou vermoë om net te wees wie jy is?

Laasgenoem­de is op die strand by Stanger bewys. Want in ’n oogwink het ’n onderdorpe­r se sosiale status gespring van die verkeerde kant van die treinspoor af regdeur die bodorp tot op die vlak van die selfaanges­telde elite.

Wat my egter meer roer, is die feit dat dít nie een oomblik vir hom saak gemaak het nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa