Weg! Ry & Sleep

Die sjef wat sleep

As jy jou op ’n sekere tyd op ’n sekere plek in die Tuinroete bevind, is jy dalk net gelukkig genoeg om iets te ete te kry by Martin Vogelman se mobiele restaurant op Knysna.

-

Ek wou aanvanklik ’n restaurant op die dorp oopmaak, maar kon nie ’n plek kry wat aan al my vereistes voldoen nie. Ek moes ’n ander plan maak en het daaraan begin dink om ’n ou woonwa in ’n mobiele kombuis te omskep wat ek dan na die beste plekke kan sleep.

Net meer as ’n jaar gelede het ek vir my ’n 1983-model Gypsey Caravette vir R20 000 gekoop, die mobiele kombuis ontwerp en die mense by Eden-woonwaens op George gekry om hom toe te rus. Die wa het heelwat werk nodig gehad en daarom is amper alles nuut. Hy het ook ’n nuwe kleur buite gekry. Ek het daarteen besluit om ’n nuwer model te koop, want as jy my vra, het niemand wat die nuwer modelle se kombuise ontwerp, al ooit in ’n kombuis gewerk nie. Enigiets wat ek sou koop, sou ieder geval verander moes word.

Ek sleep my wa drie keer per week met my Nissan X-Trail na die gewilde Margaret’s Viewpoint. Dis vir my lekker om mense met my kos te verras. Elke maaltyd word van nuuts af gemaak en alles word daar reg voor die mense se oë gedoen. Niks word vooraf berei nie. Ek kry al my vleis van plaaslike verskaffer­s en my brood word spesiaal vir my gebak by die Île de païn-bakkery op die dorp.

Die kaneelroll­etjies is baie gewild en word net hier in die kombuis-op-wiele gemaak. Ek glo in gehalte bo alles en my klante moet met niks minder as die beste tevrede wees nie.

Die naam, MR REE, is presies wat ek wil hê mense moet beleef – ’n mystery, soos die Engelse sê. En die CX in CX-Presso is natuurlik ’n verwysing na Knysna se voertuig registrasi­e kode.

 ??  ??
 ??  ?? Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.
Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa