Weg! Ry & Sleep

KLEINER IS MAKLIKER

- GEOFF LEITE Bothaville

Ek en my vrou, Brenda, is gebore kampeerder­s wat in 1980, kort ná ons troue, ons eerste woonwa gekoop het. Dit was ’n ou Sprite Alpine wat ons gerestoure­er het. Volgende was ’n Gypsey Caravette 5 en toe ’n netjiese Jurgens Esprit.

Ons pensioentr­ekkerdae breek aan en ons trek na ’n kleiner huis. Die erf is klein en beknop en dis ’n gesukkel van 2½ uur om die wa uitgetrek te kry. Intussen sit my dogter, Jakkie, met ’n 1983 Sprite Swift waarop ek my oog het, maar die wa is taamlik verwaarloo­s. Ná ’n gesukkel oortuig ek haar dat ons waens moet ruil. Ons restoureer die wa, en die beste van alles is dit neem nou net 10 minute om hom uit te trek sodat ons lekker kan kamp. Die foto’s is by Koffiebaai geneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa