Weg! Ry & Sleep

BOSBREKERS BESKERM ONS

- LEON COETZEE Centurion

Ek verwys na die bosbreker-artikel in die Junie-uitgawe en deel graag my mening. As ’n mens kyk na die toestande op ons paaie, sal ek dit ernstig oorweeg om ’n bosbreker op my Ford Ranger te installeer. Elke mens het die reg om sy eiendom te beskerm.

Vir my is ’n bosbreker iets wat skade op my voertuig sal verminder ingeval van ’n ongeluk.

Kyk ’n bietjie hoe lyk die paaie in Pongola se omgewing. Daar is nie heinings langs die paaie nie en diere loop vrylik rond. Dieselfde geld naby Klerksdorp. Op die N12 is daar weerskante van die pad geen heinings nie en beeste en bokke loop oor die pad.

Ook in die noorde van die land moet ’n mens baie versigtig wees op die pad. Daar is heelwat wildplase en reservate, en ’n koedoe spring lag-lag oor ’n hoë heining.

Hierdie toestande sien ’n mens byvoorbeel­d nie in Europa nie. Daar is die grootste (lopende) gevaar voetganger­s en dalk hier en daar ’n hond. Bosbrekers maak dus daar minder sin.

Die owerhede moet hulle deel doen en drade span sodat padgebruik­ers beskerm kan word. Dán kan iemand vinger wys en sê ek mag nie my voertuig met ’n bosbreker beskerm nie.

Rakende die raakry van ’n voetganger met ’n bosbreker: Hoekom moet ek meer skade ly sonder ’n bosbreker wanneer ek die wette op die pad gehoorsaam en ’n onverantwo­ordelike voetganger loop oor die pad?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa