Weg! Ry & Sleep

DIS MOS IETS WAT IN DIE BOS HOORT!

- TINUS POTGIETER Kaapstad

Ek sal graag die resultate wil sien van twee botsings met toetspoppe: die een voertuig met ’n bosbreker en die een daarsonder. Ek dink die ontleding van die “beserings” sal vir ons lig kan werp op die verskil wat ’n bosbreker maak.

Ek dink groter bande speel net so ’n beduidende rol in ’n ongeluk. Daardie bande kan indruk na die kajuit se kant toe en mense erg beseer. Bosbrekers en oorgroot bande hoort in die bos en nié op openbare paaie nie. Dit moet verwyderba­ar wees sodat jy dit kan opsit wanneer dit nodig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa