Weg! Ry & Sleep

Nuwe Jimny is op pad

-

Die vierde geslag Suzuki Jimny is op 18 Junie in Japan bekend gestel, en ja, hy kom beslis Suid-Afrika toe.

Volgens Megan MacDonald, hoofskakel­persoon by Suzuki Suid-Afrika, is die plan om hom voor Kersfees op ons paaie te kry. Die nuwe Jimny se bakwerk is vierkantig­er as sy onmiddelli­ke voorganger en herinner sterk aan die tweede geslag Jimny, plaaslik bekend as die SJ of Samurai. Binnelangs is die nuwe Jimny aansieklik opgeknap met splinternu­we instrument­asie en ’n 7”-raakskerm. Die Jimny word deur ’n 1,2 ℓ-petrol- en 1,0 ℓ-turbopetro­lenjin aangedryf, maar dit is tans onbekend of albei na Suid-Afrika kom.

Pryse is ook nog nie bekend gemaak nie, maar hy behoort iewers tussen ’n Suzuki Ignis en ’n Vitara te val. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa