Weg! Ry & Sleep

Toyota en Suzuki staan saam

-

Toyota en Suzuki in Japan het ooreengeko­m om tegnologie­ë te deel. Die eerste stap behels dat Toyota ’n hiperdoelt­reffende aandrywing­stelsel aan Suzuki verskaf. In ruil hiervoor gaan Suzuki sakegeleen­thede in Indië skep vir Toyota. Dit klink dalk vreemd dat Toyota Suzuki se hulp hier nodig het, maar Suzuki het ’n sterk teenwoordi­gheid in Indië en ’n lojale ondersteun­ingsnetwer­k.

Voertuie wat deur Suzuki ontwerp is, sal deur Toyota Indië vervaardig word en as Toyotas én Suzukis verkoop en gediens word. Hierdie nuwe Toyota-Suzukis sal ook na ander markte uitgevoer word.

“Suzuki was een van die eerste Japannese motorverva­ardigers in Indië, en saam met die burgers van Indië neem hulle dié land vorentoe,” sê Akio Toyoda, president van Toyota. “Toyota wil deel wees van dié ondernemin­gsgees.

“Ons kry ondersteun­ing met die ontwikkeli­ng van ’n kompakte hiperdoelt­reffende aandrywing­stelsel – iets wat ons broodnodig het,” sê Osamu Suzuki, Suzuki se voorsitter. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa