Weg! Ry & Sleep

E-Pace kry nog blikbreins­elle

-

Kort ná sy bekendstel­ling kry Jaguar se E-Pace nou kunsmatige intelligen­sie.

Dié kar kan glo die gedrag en voorkeure van sy eienaar aanleer – hy herken jou aan die sleutel en selfoonsei­n; as jy nader stap, verstel die E-Pace die sitplekke, temperatuu­r en radio nes jy daarvan hou.

Hy hou ook rekening met die tyd van die dag, dag van die week én watter seisoen dit is om te besluit of hy die sitplekver­warmer en nuuskanaal moet aanskakel, of die lugreëling en klassiekem­usiekkanaa­l.

Die blikbrein sal ook leer dat jy geneig is om byvoorbeel­d jou sekretares­se soggens en jou lewensmaat smiddae te bel, en wissel dan dié kontakbeso­nderhede af aan die bopunt van die kontaklys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa