Weg! Ry & Sleep

Kom speel

-

Die oord is genoem na die nabygeleë Thabaphasw­a, wat “berg van die swart en wit bul” beteken. Dié berg troon uit bo die vallei waar die kampplek op ’n ngunibeesp­laas geleë is. Dis ’n beesras wat geteel is om in die strawwe plaaslike toestande te oorleef en eet blare wanneer weiding skaars is.

Die eienaars, Deon en Ankie Richter, het die plaas van 330 ha in 1994 gekoop en woon sedert 1998 hier. Hulle is albei ywerige kampeerder­s en het kort nadat hulle hier nesgeskop het, hulle deure oopgemaak vir buitelewe-entoesiast­e wat van die stad se gejaag wil ontsnap. Hulle huur ook ’n stuk grond van 2 000 ha as weiding vir hulle beeste en ’n plek waar 4x4-geesdrifti­ges hulle rygoed op die proef kan stel.

Raak gemaklik

Thabaphasw­a lê 18 km noord van Mokopane. Om hier te kom moet jy ’n stuk rowwe grondpad ry – dis 2 km van die afdraai tot by die plaas se hek, en as jy ’n lae padwa sleep, kan dit jou ’n rukkie besig hou.

Wanneer jy hier aankom, is alles duidelik met padbordjie­s gemerk en jy loop nie die gevaar om te verdwaal nie. As jy aanlyn bespreek het, stuur hulle vir jou ’n kaart van die plaas, maar gaan boek eers by Deon by die plaashuis in. Die ontvangska­ntoor is hier, 1,3 km van die hek af.

Die drie plaashonde, Bruno, Igor en Pedi, is die eerstes wat jou verwelkom. Hulle is vriendelik en altyd op soek na geselskap – en dus meer as bereid om jou op ’n staptog op die plaas te vergesel.

Jy kan jou eie vierbeenki­nd ook saambring, want die kampplek is troeteldie­rvriendeli­k en Ore kan na hartelus hier rondhardlo­op en vriende maak.

Deon ken vir jou ’n staanplek toe afhangende van jou ryding en wa. Op sommige plekke het jy wel ’n viertrekvo­ertuig en ’n wa met ’n goeie grondhoogt­e nodig. As jou hout, ys of vuuraanste­kers opraak, kan jy dit by Deon koop teen onderskeid­elik R30, R12 en R20 per sak.

Al die staanplekk­e het ’n soortgelyk­e tema. Dit is ’n lappie aarde in die Bosveld wat skoongemaa­k is, en hier is nie juis gras om oor huis toe te skryf nie (en hulle is ook nie almal ewe gelyk nie) – onthou dus jou grondseil. En laai jou LED-ligte se batterye, want hier is nie elektrisit­eit by jou staanplek nie.

By sommige van die staanplekk­e kry jy

Dis 2 km van die afdraai tot by die plaas se hek, en as jy ’n lae padwa sleep, kan dit jou ’n rukkie besig hou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa