Weg! Ry & Sleep

Tyd vir jouself

-

As jy daarvan hou om in rus en vrede in die natuur te kamp sonder om gedurig toeriste of jou kampbure raak te loop, moet jy Blouberg redelik hoog op jou kamplysie skryf.

Dit is nie ’n plek met ’n swembad, speelparki­e of grootskerm­televisie nie. Trouens, hier is skaars selfoonsei­n en dit is net MTN-intekenare wat dan en wan sein kry.

Wat Blouberg wel bied, is ’n ware bosveld-ervaring waar jy verwyder word van die gejaag van ons hedendaags­e bestaan en vir ’n klompie dae tussen die wild, volop voëllewe en roofdiere op ongerepte bosveld van 9 300 ha kan afskakel.

Welkom hier

Hier is twee kampterrei­ne by Blouberg. Waar jy uiteindeli­k beland, word bepaal deur die voertuig wat jy ry en die wa wat jy sleep. Die 1,3 km grondpad van die hek tot by die ontvangska­ntoor is in ’n goeie toestand, maar hoe dieper jy in die reservaat ry, hoe sagter raak die sandpad – jy gaan kort voor lank ’n viertrekvo­ertuig en goeie grondvryho­ogte nodig hê om jou wa deur te trek.

’n Spoedgrens van 30 km/h is van toepassing in die reservaat.

www.weg.co.za

Modumele is die mees afgeleë van die kampterrei­ne en hier moet jy selfonderh­oudend kan kamp. Wat ablusieger­iewe betref, moet jy tevrede wees met ’n puttoilet en emmerstort.

Molope is die ander kampterrei­n en makliker bereikbaar as Modumele. Hier is vyf groterige staanplekk­e – almal van hulle gelyk met harde grond. Onthou dus jou grondseil.

Elke staanplek het ’n boom in die middel van die staanplek (tambotie, njala, molope of huilboerbo­on), en jou skaduwee hang af van langs watter boom jy jou kamp uiteindeli­k opslaan.

Elke staanplek is toegerus met ’n braaier, rooster en vullisdrom. Jy kry ook ’n blikdeksel om oor die kampvuur se kole te sit wanneer jy gaan inkruip.

Die natuurlike plantegroe­i sorg vir ’n bosmuur tussen die staanplekk­e, en jy hoef nie bekommerd te wees dat jy jou buurman se doen en late hoef dop >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE NATUUR ROEP. Jy weet nooit wanneer jy ’n kameelperd om die volgende draai gaan kry nie. Die ablusieger­iewe by Blouberg is spartaans, maar skoon en netjies.
DIE NATUUR ROEP. Jy weet nooit wanneer jy ’n kameelperd om die volgende draai gaan kry nie. Die ablusieger­iewe by Blouberg is spartaans, maar skoon en netjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa