Weg! Ry & Sleep

’n Doring in die vlees van vis

-

Plastiek is al ’n eeu met ons en deel van die alledaagse lewe, maar ongelukkig lei dit tot erge besoedelin­g, ook in die see. Veral ballonne en ou hengelgere­i soos visnette is ’n groot probleem wat die seelewe aan die kortste ent laat trek.

Na raming het twee derdes van alle vis al plastiek ingekry.

’n Mens sou dink Suid-Afrikaners moet juis meer bewus wees van dié probleem omdat die land so ’n lang kuslyn het, maar Suid-Afrika tel glo onder die twintig grootste sondaars wat plastiekbe­soedeling betref (met China boaan die lys).

Die syfers is verbystere­nd: Reg oor die wêreld is daar ’n geskatte 5,25 miljard stukke plastiek in die oseane en dié syfer groei daagliks met tot 15 000 stukke, en die verwagting is dat dit teen 2020 tienvoudig gaan toeneem. Teen 2050 sal die gewig van die plastiek in die water meer weeg as die vis self.

’n Groep wetenskapl­ikes het ’n gemiddeld van 36 stukkies plastiek in die karkasse van 120 eetbare visse soos makriel, harder, ansjovis en belvis gevind. Plastiek, waarsku hulle, trek gifstowwe in die natuur aan, wat beteken jy kan vergiftig word wanneer jy besmette vis eet.

Voorts toon syfers dat elke mens op die planeet gemiddeld 150 plastieksa­kkies per jaar gebruik, en dié sakkies is net so deel van die besoedelin­gprobleem.

Dis hier waar Kenia ’n voorbeeld stel in Afrika. Hulle het plastiek in die breë verbied en wette ingestel wat verband hou met die vervaardig­ing, gebruik en invoer daarvan. As iemand dié wette oortree, kan hulle ’n boete van tot R500 000 of vier jaar gevangenis­straf opgelê word.

Só maak jy

1 Verhit die olie en soteer die ui saam met die naeltjies, wonderpepe­r, lourierbla­ar en peper daarin. Voeg die aartappel by en braai dit versigtig tot sag. Gooi ’n bietjie water by, indien nodig. 2 Voeg die vis, pietersiel­ie en rissie by. Verhit dit tot die gereg deurwarm is, maar moenie té veel daaraan karring nie, anders verbrokkel die vis heeltemal.

Weg Ry & Sleep sê Smoorvis is net so lekker as jy dit koud eet – jy kan die oorskiet selfs die volgende oggend met ’n bietjie mayonnaise op ’n broodjie eet.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa