Weg! Ry & Sleep

Pieter sê

- Pieter Crous

sleep sedert die vorige eeu. Dís wat hy dink.

Grote eenvoud

As ’n mens ’n ordentlike 4x4-voertuig wil koop, is dit nie nodig om een te soek nie, want die Patrol is die antwoord. Ek is wel nie mal oor die Patrol se voorkoms buite nie, maar binne is dit ’n ander storie. Ek verkies ’n groot ryding en ’n mens is bederf met al die binneruimt­e. ’n Mens hoor die V8 se dreuning in die agtergrond; dis só ’n mooi klank dat ek die radio af los sodat ek eerder na die enjin kan luister.

Die outomaties­e ratkas is seepglad, al is die bakwerk swaar. Selfs met sy groot lyf is dit moeiteloos om hom te bestuur. Ek sou egter ratspane verkies – iets wat die Patrol nie het nie. Jy kan wel self die ratte kies, maar die ratkas het nie ’n Sport-funksie nie. Dit is ieder geval nie nodig nie, want die ratkas-en-enjinkombi­nasie reageer blitsig. As jy die petrolpeda­al wegtrap, is daar ’n millisekon­de of wat se aarseling, maar daarna moet jy klou, want

wat nie elektries uitswaai nie. Die haak word in Tsjeggië vervaardig en het ’n D-waarde van 17,2 kN – dit verwys na die spesifieke vragtoets op die haak en is gelykstaan­de aan 1 754 kg. Die neusgewig is beperk tot 140 kg.

’n Deel van die haak steek verby die bakwerk, en die bol self is vas aan ’n gansneksta­ng. Dit beteken jy kan nie ’n sakplaat gebruik as jy die bolhoogte wil verstel nie.

Die rekenaar registreer nie wanneer jy die wa se ligteprop aan die harnas koppel nie. As jy dus agteruitst­oot, reken die sensors jy gaan teen die wa vasstoot. Maar daar is gelukkig ’n knoppie op die truskerm waarmee jy die alarm kan afskakel. In hierdie prysklas sien ’n mens heelwat rekenaarge­drewe instrument­asie. Dit lyk nie of Nissan hom hieraan steur nie en hou by die meer konvension­ele analoë meters. Dit sluit in ’n metertjie wat die oliedruk wys en heel links teen hoeveel Volt die battery laai. Dié meter is van 8-18V gekalibree­r, met 10,5-15,5V die normale lesing. In die middel van die instrument­epaneel is ’n klein digitale skerm wat lyk of dit uit die jare tagtig dateer. Die skermpie is eenvoudig, maar wys wat jy moet weet: van die afstandmet­ers tot die brandstofv­erbruik, ’n deur wat oopstaan of die buitetempe­ratuur.

Sodra die analoë meter wys die brandstoft­enk loop leeg, gaan jy meer as R2 000 moet opdok by die vulstasie, want die kar het ’n tamaai tenk van 140 ℓ. Tog is die Patrol se brandstofv­erbruik met ’n woonwa nie te verlammend vir dié klas voertuig nie: 22,2 ℓ/100 km (4,5 km/ℓ), wat beteken jy kan daai perde skop met mening in. Dit neem ’n blitsige 8 sekondes om van 80-120 km/h te versnel, en verbysteek kan nie makliker wees nie. Omdat die enjin so groot is, soek die ratkas nie na ratte terwyl jy momentum hou nie.

Die vering is sag en dit voel of jy oor die pad sweef. Soos ’n mens verwag van ’n kar van dié grootte, het hy taamlike bakrol, maar nie so dat dit ’n mens pla nie. Jy sit dus hoër as baie ander bestuurder­s op die pad en jy sien meer wat om jou aangaan.

Sy klouterver­moë teen kliprante verbaas my, selfs met ’n 1,5 t-wa op die haak. Dis bloot moeiteloos. Onthou, die kombinasie is meer as 4 t, en dit sit nie in elke 4x4 se broek om so teen die bulte uit te klim nie. Ook hier voel ’n mens die sagte vering, want jy skud glad nie rond op die slegte pad nie.

... die Patrol se brandstofv­erbruik met ’n woonwa is nie te verlammend vir dié klas voertuig nie: 22,2 ℓ/100 km.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NET WAT NODIG IS. Die Patrol het ’n groot lyf, maar ’n mens sien nie onnodige afwerking nie. Dis eerder stylvol en vertel heelwat van wat in dié meneer van ’n voertuig steek.
NET WAT NODIG IS. Die Patrol het ’n groot lyf, maar ’n mens sien nie onnodige afwerking nie. Dis eerder stylvol en vertel heelwat van wat in dié meneer van ’n voertuig steek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa