Weg! Ry & Sleep

Vinnig, maklik, lekker!

-

Hierdie vinnige kerrie is absoluut heerlik! Gooi gebraaide varkworsie­s by as jy ’n bietjie meer om die lyf soek.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 2 eetlepels botter 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1 teelepel borrie 2 teelepels fyn komyn 2 teelepels fyn koljander 1 blik (410 g) Indiese tamatiemen­gsel 2 blikkies (410 g elk) kekerertji­es, gedreineer 1 blik (410 g) klapperroo­m sout en swartpeper na smaak ’n bossie vars koljander (opsioneel) rys en poppadums om voor te sit

Só maak jy

1 Smelt die botter en braai die ui tot mooi sag en glansend. Voeg die knoffel, borrie, komyn en koljander by en braai dit vir 1 minuut tot geurig. 2 Roer die tamatiemen­gsel en kekerertji­es by en verhit alles saam voor jy dit vir 5 minute laat prut. Gooi die klapperroo­m stadig by terwyl jy dit deurroer. Geur dit na smaak met sout en peper. 3 Prut die kerrie vir 10 minute oor baie lae hitte – dit moenie borrel nie. Roer ook die mengsel gereeld sodat dit nie vasbrand nie. Sprinkel vars koljanderb­lare oor en sit die kerrie voor met rys en warm poppadums.

Weg Ry & Sleep sê Vervang gerus die speserye met 2 eetlepels van jou gunsteling­kerriepoei­er. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa