Weg! Ry & Sleep

Handjies klap…

-

Hierdie koekies is heerlik met gebraaide spek vir ontbyt of as ’n bykos by die braai.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 2 eetlepels botter 1 ui, fyngeraspe­r 1 blik (410 g) cannellini­boontjies, afgespoel en gedreineer 2 groot aartappels, gerasper 2 eetlepels mielieblom ½ koppie fyngeraspe­rde parmesaank­aas sout en swartpeper na smaak olie vir braai

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n pan en braai die uie daarin tot glansend en geurig. 2 Druk die boontjies met ’n vurk fyn en meng dit saam met die ui deur die rou aartappel, mielieblom en kaas. Geur dit met sout en peper. 3 Verhit 2-4 eetlepels olie in ’n pan. Skep lepels vol van die boontjieme­ngsel in die pan en druk dit effens plat. Braai dit oor matige hitte tot goudbruin voordat jy dit omdraai en die ander kant ook braai. Skep dit uit en laat dit op kombuispap­ier dreineer.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan enige wit boontjie gebruik vir hierdie resep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa