Weg! Ry & Sleep

Laat waai met slaai

-

Hierdie warm lensieslaa­i is ’n vinnige ete op sy eie óf sit dit voor met ’n stukkie gebraaide wors.

Jy benodig

(genoeg vir 4) 50 ml botter 500 g gemengde sampioene 1 blik (410 g) lensies, gedreineer 2 takkies vars tiemie (of gebruik 1 teelepel droë tiemie) 50 ml olyfolie sap van 1 suurlemoen sout en swartpeper na smaak 1 pak (200 g) babaspinas­ieblare 2 wiele feta, gekrummel

Só maak jy

1 Verhit ’n groot pan oor ’n hoë hitte. Smelt die botter daarin en braai die sampioene in sarsies tot goudbruin.

2 Roer die lensies en tiemie by die sampioene en roer die mengsel tot deurwarm.

3 Haal die pan van die plaat af en gooi die olyfolie en suurlemoen­sap daaroor. Geur dit na smaak met sout en peper.

4 Roer die spinasie en feta deur en sit dit dadelik voor as ’n vinnige middagete. Of pak dit in ’n plastiekho­uer met ’n vurkie vir padkos.

Weg Ry & Sleep sê Maak seker die pan wat jy gebruik, is lekker groot. En laat die botter vinnig borrel voor jy die sampioene braai. Dis die beste om dit in sarsies te braai, anders trek die sampioene water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa