Weg! Ry & Sleep

Cowboykos

- Pinto-beans

Hierdie chilli con carne smaak die volgende dag net so lekker as ’n jaffelvuls­el!

Jy benodig

(genoeg vir 4) 2 eetlepels kookolie 500 g beesmaalvl­eis 2 teelepels fyn komyn 1 teelepel rissiepoei­er (of gebruik 1 fyngekapte vars rissie) 2 blikke (410 g elk) tamatie-uie-en-groenrissi­emengsel 1 blik (410 g) swartboont­jies, gedreineer ½ blik (200 g) heel mieliepitt­e ½ beesaftrek­selblokkie sout en swartpeper na smaak rys en nachotjips om voor te sit vars koljander, suurroom en avokado om voor te sit

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die maalvleis tot goudbruin en gaar. Voeg die komyn en rissie by en braai dit vir nog 2 minute tot geurig.

2 Roer die tamatiemen­gsel, boontjies, mielies en aftrekselb­lokkie daarby en prut dit vir 30 minute.

3 Proe en geur die mengsel na smaak met sout, swartpeper en nog rissie, indien jy dit verkies.

4 Sit die chili con carne voor met rys en nachotjips, met daarby vars koljanderb­lare, suurroom en avokado.

Weg Ry & Sleep sê Swartbone word ook genoem – dis redelik algemeen beskikbaar by supermarkt­e. As jy dit nie kan kry nie, kan jy dit met rooi niertjiebo­ne vervang óf jy kan selfs ’n mengsel van die twee probeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa