Weg! Ry & Sleep

Behou jou privaathei­d

-

Nee, dit is nié ’n tent vir ouens wat daarvan hou om te staan en slaap nie. Jy kan dié tent langs jou bakkie opslaan sodat jy die 12V-kragtoevoe­r kan gebruik. Óf jy kan hom doer eenkant onder ’n boom staanmaak as jy hom vir ’n toilethokk­ie wil gebruik. Hy’s 110 cm breed en diep, en 210 cm hoog. Hy’s ook uitgevoer met ’n silwer film sodat nuuskierig­e agies jou nie saans kan dophou as dit van binne deur jou kopliggie verlig word nie. Die tent vou in twee sekondes uit, en as jy hom opvou, vorm hy ’n skyf van 65 cm.

Prys R700 by Camp & Climb.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan hom ook as ’n aantrekhok­kie gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa