Weg! Ry & Sleep

’n Stort in ’n trommel

-

Hier’s ’n hoërgraad-kampstort. Dié weergawe van die RinseKit hou 8 ℓ water en pomp dit binne 4 minute uit. Dis amper soos om ’n draagbare hoëdrukspu­it op vakansie te neem wanneer jy die modder van jou hond of seesand van jou kinders wil afspuit. Jy kan dit uiteraard ook vir jou motor gebruik. ’n Elektriese element is ingesluit as jy salige warm storte wil geniet.

Prys R1 595 by Outdoor Warehouse.

Weg Ry & Sleep sê Dit is ’n puik produk waarvan die gehalte merkbaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa