Weg! Ry & Sleep

Stortsak

-

Tentco se opvoubare stort lyk behoorlik tuis in die bos met sy groen seilsak. Die stort kan gehaak word aan Tentco se spinnerakr­aam (R305) vir ’n storttent (R1 110). Dis ook maar goed so, want dié sak hou ’n allemintig­e 25 ℓ water. Daar is ook ’n tou en katrol sodat jy die swaar sak kan ophys. Selfs die kraantjie lyk of dit vir ewig sal hou.

Prys R295 by Camp & Climb.

Weg Ry & Sleep sê Dié stort hou meer water as ’n verfblik, maar hy vou klein weg en jy kan hom oral saamneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa