Weg! Ry & Sleep

3

-

’n Dak oor jou kop Niemand gaan lekker kamp as die dak bo jou kop begin lek en instort nie. Dit is presies wat met sy 1984-model Gazelle 2100 gebeur het, vertel Jan Ebersohn van Stellenbos­ch. Dit was tyd om iets omtrent die saak te doen.

Ek het aanvanklik eers die eerste dakplaat losgemaak, maar gou besef ek gaan al ses van hulle moet vervang. Die dakhout was voos en ek sou dit heel nuut moes oorbou.

Die dak bestaan uit ’n raamwerk van laaghout wat op ’n raamwerk van 25 x25 mm-vierkantbu­isstaal vasgeskroe­f word. Met die houtraam klaar, het ek die 100 mm-isolasie op die raam geplaas, die dakbekleed­sel styf oorgespan en met spykers vasgekap.

Ek het sommer die geleenthei­d gebruik om 220 V-ligte en -kragproppe te installeer waar nodig én ek het twee suigwaaier­s in die dak gesit. Die nuwe dak is van veselglas. Dis 8 m lank en 3 mm dik, soos die soort wat op koeltrokke gebruik word. Nou is daar nie meer lasplekke nie, wat beteken die kans op lekke is minder. Die dak is ook meer bestand teen hael én heelwat koeler danksy die isolasie.

Weg Ry & Sleep sê Omdat Jan dié takie self verrig het, het sy wa se nuwe dak hom net R5 000 uit die sak gejaag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa