Weg! Ry & Sleep

4

-

Maak oop, maak toe Soos baie ander kampeerder­s gebruik hulle die voltent by uitsonderi­ng en uitsluitli­k wanneer hulle lank by ’n kampterrei­n kuier, vertel Job Schoeman van Modimolle. Die stoeptent is ’n baie beter opsie omdat dit jou nader aan die natuur laat voel, veral as die weer saamspeel. Maar wanneer sake onplesieri­g raak, is die stoeptent se sykante nie voldoende nie.

Wanneer daardie koue winterwind of onverwagse reënbui ’n mens tref, smag jy na die beskerming van ’n voltent, veral saans wanneer jy nog ’n bietjie wil kuier, kaartspeel of lees. Ons het besluit ’n goue middeweg is om iets te prakseer om die voorkant van die stoeptent toe te maak en ’n lekker knus kuierplekk­ie in die winteraand­e te skep.

Ons het skadunet (95%) aangeskaf, die openinge weerskante van die middelpaal gemeet en dit daarvolgen­s gesny. Onthou om voorsienin­g te maak vir lekker breë some onder en aan die kante, want dit help om die net stewiger te maak. Aan die bokant het ons die soom só breed gemaak dat ’n 25 mm-pyp maklik daardeur kan gly. Hierdie stikwerk het ons met ’n gewone naaimasjie­n gedoen. Ons het toe pyp, plastiekhe­gstukke en klitsrits gekry om die spul aanmekaar te sit en het in die een paneel ’n ritssluite­r laat insit om ’n deur te maak. Ons het ook lussies aan die onderkant van die net vasgewerk om dit stewig met tentpenne vas te kap.

Weg Ry & Sleep sê Die tentpanele het skaars R500 gekos. As jy ’n naaldwerke­r in die familie het, kan jy dit beslis ook oorweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa