Weg! Ry & Sleep

’N BIETJIE GESKIEDENI­S

- Schnorchel die dele van diere Oor

Die woord snorkel kom uit die Germaanse wat ’n slengwoord is vir neus of snoet. Die eerste verwysing na ’n snorkel is in Aristotele­s se boek

(350 v.C.) waarin hy skryf oor sekere diere – onder meer die olifant – wat onder die water kan asemhaal deur sy “snoet” bo die wateropper­vlak te hou. Argeologie­se opgrawings in Kreta, Griekeland, wys ook snorkels is reeds 5 000 jaar terug al deur seesponsbo­ere gebruik.

Dit is nie bekend watter voertuig eerste met ’n snorkel toegerus is nie, maar dit was waarskynli­k ’n militêre landingsvo­ertuig wat uit die romp van ’n boot moes ry, land toe “swem” en dapper deur die vyand se bombarderi­ng oor ’n strand moes kruip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa