Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

- schalk.jonker@media24.com REDAKTEUR

Onlangs was ek ’n week lank in Johannesbu­rg om ’n klompie kliënte te spreek, en afgesien van ’n paar baie belowende gesprekke oor opwindende projekte vir die nabye toekoms, was daar drie dinge waaroor ek op die vliegtuig terug Kaap toe gedink het.

Die eerste was die loutere genot om vir meer as ’n halwe minuut op ’n slag te kan stort. Ek moet erken die versoeking was groot om my foon in die hotel se stortkeps toe te maak en onder die water te staan en op Facebook rond te snuffel, maar ek dink die Kaapse waterkrisi­s en meegaande beperkings het ons as mense verander. Ek dink nie ons sal ooit weer so spandabel met water te werk gaan as in die verlede nie. Ek het skoon skuldig gevoel toe ek langer as twee minute gestort het – en toe maar eerder die krane toegedraai.

Die tweede ding wat by my vasgesteek het, is die feit dat ek mense klaarblykl­ik baie aan die Afrikaanse sanger Jo Black herinner. Daaroor kan ek nie veel sê nie, behalwe dalk dat jy my regtig nie voor ’n mikrofoon wil hê nie. Op skool kon ek nog so ’n bietjie op die noot bly, maar daardie dae is lankal verby. Ek het vir Jo gaan Google en ek moet sê my baard is in elk geval gryser en nie naastenby so lank soos syne nie.

Derdens het iemand my uitgevra oor ons werk hier by Weg Ry & Sleep. Hy was van mening dat ons al oral met alles gekamp het. ’n Mens sou nogal so dink as jy in ag neem hoe lank ons en ons voorganger­titels al bestaan, maar dit is allermins die geval. Ons het al met meer as 100 waens van elke kleur en geur gekamp, en ons het al in elke uithoek van ons land (én in sommige buurlande) ons tentpenne ingekap.

Maar ons was beslis nog nie óral nie. Daarom raak ons kinderlik opgewonde as ons op drie nuwe kampplekke in ’n streek afkom waar ons kan gaan inloer (lees Kyle se storie op bl. 50), of wanneer ’n splinternu­we woonwaverv­aardiger sy eerste model bekend stel (waarvan Leon jou op bl. 16 vertel), óf wanneer ons een van die heel eerstes is wat met ’n nuwe bakkie ry (soos Cyril op bl. 28).

Maak asseblief ’n knoop in jou oor en onthou om ons te laat weet van daardie kamp- en 4x4-bestemming­s waar ons nog nie was nie, en die motors en waens waarvan ons nie weet nie.

Veilige reis!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa