Weg! Ry & Sleep

BRIEWE

- GAIL AND JIM HAWKINS Hillcrest

Ek het voorheen vir Weg Ry & Sleep geskryf oor hoe ons met ’n gewone padwa deur Namibië en Botswana getoer het, en dié brief is in die Desember-uitgawe gepublisee­r. Nou is ons pas terug van Zimbabwe, waar ons ook met ons gewone woonwa gereis het.

Ons is Zimbabwe binne deur die Plumtree-grenspos, net noord van Francistow­n in Botswana, en van daar af het ons Zimbabwe in sy breedte tot teen die oostelike grens verken. Ons het plekke soos Matopos, Masvingo en die Bungawoud naby Mutare besoek.

Ons het ons Jurgens Expo by vriende in Harare afgehaak en tot by die Karibameer en die Manapoele gery. Toe is dit weer terug Harare toe om die wa te kry en uiteindeli­k weer terug deur die Plumtree-grenspos.

Ons het die Zimbabwiër­s as uiters vriendelik en behulpsaam ervaar, selfs by die grenspos.

Die paaie is in ’n goeie toestand, en al is ons deur menige padblokkad­es, is ons nie een keer afgetrek nie.

Ons sleep met ’n Ford Ranger 2.2 4x4bakkie en dit was geen probleem om met 50 ppm-diesel vol te maak nie. Kruidenier­sware is net so volop en ons kon aankoop soos ons gevorder het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa