Weg! Ry & Sleep

DIGITAAL

Sal jy jou kind aanraai om sommer van die begin af ’n EB-rybewys te kry om met die sleepwerk te help, of sal jy eerder dat hulle eers ’n bietjie ervaring kry met ’n gewone B-rybewys?

-

Christo Thomson

Vergeet van die EB-rybewys. Dit is hopeloos te moeilik en ingewikkel­d. Gaan sommer van die begin af vir ’n EC1. Dit is baie makliker. My seun het dit so gedoen. Gelukkig kan hy al van jongs af agteruitst­oot met ’n wa.

Nicholas Taylor

Kan hierdie onderwerp asseblief meer aandag kry? Daar is te min bestuursko­le wat EB-kursusse aanbied en mense van my generasie gaan dit waarskynli­k nooit kry nie. Die gepaardgaa­nde rompslomp met EB-rybewyse maak nóg meer moeite. Dit is nie goeie nuus vir die woonwabedr­yf nie.

Hubert Gainsford

Doen die EB eerste. Hoekom tyd mors deur eers die Kode B te doen?

Jeanne Wilters

Doen dadelik die EB. En laat hulle dan stelselmat­ig help met die sleepveran­twoordelik­hede.

Des White

Dis gek dat bestuursko­le net kode B-kursusse aanbied. Mense dink hulle kan sleep en niemand sê vir hulle anders nie. Hulle mag ’n sleepwa of klein woonwa sleep, maar word nooit opgelei om dit veilig te doen nie.

Raymond du Plessis

Dis ’n lekker onderwerp. Heeltemal te veel mense sleep met die verkeerde rybewys.

Woensdregt Basson

Ek stem saam met Christo Thomson. Doen die EC1. Dis maklik en meer bestuursko­le bied dit aan.

 ??  ?? Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa