Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Hy het onlangs op die N1 gery en heelwat voorvalle gesien van woonwaens wat agter die sleepvoert­uig swaai, sê Mic van Zyl.

- Mic van Zyl is direkteur van Ironman 4x4 Africa, die eksklusiew­e invoerder en verspreide­r van die volledige reeks Ironman 4x4-produkte. ironman4x4.co.za

Ek was onlangs op pad terug van Mapungubwe af na Gauteng, en die swaar verkeer op die N1 Noord het my opgeval. Genadiglik was ek aan die ander kant van die snelweg, in die teenoorges­telde rigting op pad. Twee dinge het my opgeval terwyl ek dié bestendige stroom voertuie met woonwaens, boswaens en motorfiets­e op sleepwaens dopgehou het. Eerstens – en die belangriks­te – is dat die wintervaka­nsie my onkant betrap het. Ek was so besig by die werk dat ek glad nie enige planne gemaak het om vir dié klompie weke saam met my gesin weg te gaan nie. Ek was vir ’n kort rukkie hartseer en teleurgest­eld in myself en het toe op die daad besluit om die sakie reg te stel.

Hoewel ons werk belangrik is en ons almal wat nie finansiële vryheid het nie, elke maand ons rekeninge moet betaal, is dit nie naastenby so belangrik soos om gehaltetyd saam met jou gesin deur te bring nie. Ek het onlangs ’n artikel gelees deur iemand wat onderhoude gevoer het met mense op hulle sterfbed. Almal van hulle is gevra oor hulle grootste berou en wat hulle sou verander as hulle kon, en omtrent almal het gesê hulle sou meer tyd saam met hulle familie, vriende en geliefdes deurbring. Daardie artikel het ’n diep indruk op my gelaat, en daarom was ek so teleurgest­eld in myself oor my planlooshe­id vir die vakansie.

DIE TWEEDE DING wat ek opgemerk het, is onder my aandag gebring deur my passasier, my pa. Hy is ’n ywerige kampeerder en het my op my besoek aan die Bosveld vergesel. Hy het ’n wonderlike middelslag-model Sprite En Suite-woonwa (die beperkte uitgawe) met ’n ingeboude badkamer, en die wa pas hom soos ’n handskoen. Hy sleep hom met ’n nuwerige Prado-dieselmode­l, maar oorweeg dit om op te gradeer na ’n Land Cruiser 200. Hy het keer op keer gewys na die groot woonwaens wat op die N1 gesleep word. Ek kon nie help om te dink dat dié slepers êrens van die gladde en reguit snelweg moet afdraai en dan met swak nasionale paaie gaan moet ry om te kom waar hulle wil wees nie. Ek sien gereeld slepers op ons paaie en ry net so gereeld agter hulle terwyl ek wag vir ’n kans om verby te steek. En dit voel vir my daar is heelwat voorvalle van woonwaens wat agter die sleepvoert­uig swaai.

Ek het in die verlede al gesels oor bolgewigte, maar ’n mens moet onthou, die korrekte bol- gewig is nie die begin en einde van hoe jou sleepkombi­nasie inmekaarst­eek nie. ’n Mens kry dalk die korrekte bolgewig deur jou wa voor en agter met swaar goed te laai, maar dit gaan sonder twyfel sorg dat jou wa onstabiel is op die pad. Daar is ook ’n klompie boswaens op die mark beskikbaar wat jerrykanne en ’n noodwiel aan die agterkant het en ’n 80 ℓ-vrieskas in die neuskas. In sommige ontwerpe is daar selfs ’n daktent wat oor die A-raam opslaan.

’N KLOMPIE JARE terug het ek een van dié waens met my FJ Cruiser gesleep en dit was ’n interessan­te ervaring, om die minste te sê. Dit het vir my gevoel of ek die wa ook moes stuur, want hy het los gevoel agter die kar.

Dalk het die FJ se korter asafstand iets daarmee te doen gehad, maar ek het net daar besluit dit is nie vir my nie.

Die stryd om jou sleepkombi­nasie te stabilisee­r is halfpad gewonne as jy seker maak jy laai jou wa reg. Swaar goed hoort verkieslik op die as, en waar moontlik moet jy die jerrykanne, watertenks, en jou baie belangrike biervoorra­ad nader aan jou bestemming aanvul.

’n Mens kry dalk die korrekte bolgewig deur jou wa voor en agter met swaar goed te laai, maar dit gaan sonder twyfel sorg dat jou wa onstabiel is op die pad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa