Weg! Ry & Sleep

LESERSTORI­E

-

Daar was net een manier hoe die boesemvrie­nde David Griesel en Frans Grotepass hulle gradeplegt­igheid aan onderskeid­elik die Universite­it van Kaapstad en Stellenbos­ch wou vier. Hulle wou Suider-Afrika ses weke lank verken – op ’n epiese reis van 14 000 km.

Die dag ná die gradeplegt­ighede val hulle met David se ou Land Rover 300 Tdi (met meer as 460 000 km op die klok) in die pad na die noorde van die land – met ’n vinnige stop by Kimberley se Groot Gat en Orania.

Hulle oornag by David se ouers op Tzaneen en vertrek die volgende oggend na die Krugerwild­tuin waar hulle ’n nag deurbring voor hulle die grens na Zimbabwe oorsteek vir die eerste deel van hulle reis. Frans vertel...

Gonarezhou, Zimbabwe

Dit is ons albei se eerste besoek aan Zimbabwe en nodeloos om te sê is ons baie opgewonde oor die vooruitsig. Ons eerste bestemming is Gonarezhou, wat ons ná ’n lang dag op die pad bereik.

Ons verken die reservaat die volgende oggend en sien aan die suidekant verskeie diere. Dit is opvallend hoe bang en verskrik hulle is. Ons eet middagete by ’n piekniekpl­ek en kry koers noord in die rigting van die reservaat se bekende rooi berge. Ons kom net voor sononder daar aan en word bederf met ’n natuurtone­el waarvan ’n mens net kan droom. Die berge skitter rooi en bo dit verskyn die donkergrys wolke van ’n naderende donderstor­m. Ons sien ook leeus naby die kamp en ’n trop olifante wat die rivier oorsteek met die weerkaatsi­ng van die rooi berge in die water.

Ons steek ’n vuur aan om te braai, maar word onderbreek deur ’n donderstor­m met weerlig wat die wêreld om ons verlig. ’n Ongeloofli­ke ervaring.

Ons verlaat Gonarezhou die volgende oggend en mik na Chimaniman­i. Die padtoestan­d versleg by die kilometer en ons skud omtrent in die Landie, maar gelukkig vergoed die reusekreme­tartbome langs die pad daarvoor. Kort voor lank bereik ons die voet van die berg en ry met ’n smal kronkelpaa­djie na Chimaniman­i.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa