Weg! Ry & Sleep

SLEEPTOETS

-

Stert in die lug

Die Bosluis 2 se ingangsdeu­r is aan die agterkant, en jy moet la-a-ang bene hê om daar uit te kom. Gelukkig verskaf Bush Lapa ’n gratis Addis-trappie, maar as jy skeef trap of meer as 100 kg weeg, gaan die plastiektr­appie nie lank hou nie. Nes al die buitenste luike en deure het die ingangsdeu­r ’n rubberseël om stof uit te hou.

Hoewel die seël duursaam lyk, wonder ’n mens of hy gaan hou as jy gereeld daarop trap.

Links van die deur is ’n warm en koue kraan en ’n koppelstuk om ’n steunraam vir wasbakke te haak. Regs van die deur is ’n gasbottel en ’n tweede noodwiel (die ander een is onder die bakkie). Jy moet die gasbottel uit sy draagklamp verwyder en aan die Bosluits 2 se gaspypnetw­erk koppel as jy die gasstoof of geiser wil gebruik om water warm te maak. 1,835 m 1,855 m 5,33 m

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa