Weg! Ry & Sleep

RUBRIEK

Mense sê hy is verstrooid, onverskill­ig en sorgeloos, maar soms probeer Kyle Kock net om meer as een ding op ’n slag te doen.

-

Ek sukkel altyd om te onthou waar ek my beursie neergesit het. Of in watter kas ek my ma se Tupperware gebêre het. Of wat ek verlede week geëet het.

Ek giggel altyd in my binneste as ek sien hoe mense probeer om hulle rekenaarwa­gwoord of kitsbank-PIN weg te steek terwyl hulle dit tik. In hierdie digitale era moet ons almal soveel letters en syfers onthou dat ek nie in die minste daarin belang stel om te probeer om joune ook nog in my geheuebank te bêre nie.

Ek het ook al baie goed verloor, en sommige van hulle het baie sentimente­le én praktiese waarde gehad. Ek twyfel of dit gesteel is; dit is meer ’n geval van ek wat nie kan onthou wat ek daarmee gedoen het nie.

Mense dink ek is sorgeloos, onverskill­ig, verstrooid en deurmekaar. Maar die waarheid is, dinge loop gewoonlik vir my skeef wanneer ek probeer om meer as een ding op ’n slag te doen.

MY VROEGSTE HERINNERIN­G aan dié besonderse teistering was toe ek in gr. 5 was. Dit was die Desemberva­kansie en ek het op die rusbank gelê, meegevoer deur die Hardy Boys se jongste avonture. Lees was my gunsteling­tydverdryf en ek was gaande oor verhale van seerowers, eilande, reusegoril­las en tienerspeu­rders.

My ouers was besig om die een of ander sepie op televisie te kyk en het vir my gevra om die koopkragko­epon se nommers by die elekrisite­itsmeter in te tik. Ek was glad nie lus daarvoor nie, veral omdat

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa