Weg! Ry & Sleep

IETS ANDERS

Toe hy op ’n onlangse besoek aan Middelburg ’n ou Slipstream raakloop, het van Douglas in die Noord-Kaap dadelik geweet hy móét hom hê.

-

Verwerk deur Kyle Kock Foto’s Constantun van Deventer

Ons het die 1973-model Slipstream by ’n ou oom en tannie in die Oos-Kaap gekoop. Ek sou nie sê die wa was verwaarloo­s nie, maar ons moes tog ’n klompie goedjies doen om hom weer in ere te herstel. Dit is ’n fantasties­e wa met ’n trippelbed, enkelbed én ’n hangmat.

Ons het die wa eers teruggesle­ep Douglas toe, en daarna die as en wiele vervang. Ek was op soek na iets stewigers omdat ek nie noodwendig op die teerpad wil bly wanneer ons kamp nie. Ons het die vloer ook heeltemal oorgedoen en die beddens effens groter gemaak.

Die grootste projek was die Slipstream se nuwe tent en stoeptent. Ons het vir ER-stoffeerde­rs op Douglas gevra om ons hiermee te help, en hulle het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. As jy in ag neem dat hulle geen voorbeelde gehad het om van te werk nie, is die eindproduk net soveel meer indrukwekk­end.

Ons probeer om sover as moontlik selfonderh­oudend te wees wanneer ons kamp en gebruik sonkrag vir lig en vir kosmaak. Al ons ander kamptoerus­ting, soos stoele en gereedskap, word onder die beddens gebêre. Dit is dus altyd daar wanneer ons wil gaan kamp en al wat ons moet pak, is kos en klere.

My Hyundai Tucson (die eerste geslag) het geen probleme met die Slipstream op die haak nie en wanneer ons by die kampplek land, is ons kamp in ’n ommesientj­ie opgeslaan.

Dit gaan net so vinnig wanneer ons weer moet op oppak.

Dit is regtig heerlik om só ’n klein en beheerbare woonwa te hê. Ons was onlangs by Sandgat en daar het heelwat kampbure nader gestaan en gevra of hulle ons wa van nader kan bekyk. Trouens, ons raak nou al gewoond aan al die nuuskierig­heid. Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa