Weg! Ry & Sleep

RIBBOKKLOO­F

Slegs twee uur se ry buite Johannesbu­rg, in die rantjies rondom ’n grasgroen kloof, is daar ’n 4x4-roete vir gesinsmann­e én die rowwe ouens.

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Die Ribbokkloo­f-lodge is geleë op Uitkyk, ’n werkende plaas wat deel vorm van die Gelykwater-bonsmarabe­esboerdery­e. Jy kan dus bulkende goudbruin beeste verwag wat vroegoggen­d aan die gras weglê terwyl oorlamse kalwers die wêreld vol bokspring.

Hier kan jy in die kliprant bo die kloof gaan stap, bergfiets ry, hengel, swem, voëls kyk en natuurlik met jou veldryer kom speel. Dit is ’n gewilde bestemming vir viertrekkl­ubs wat oor naweke saamtrek. Die spruit wat deur die Ribbokkloo­f vloei, word dan as ’n hindernisb­aan gebruik wat veldryvoer­tuie se klouterver­moëns op die proef stel. Maar as jy rustigheid soek, is hier ook ’n matiger bergpaadji­e wat oor die rantjie kronkel.

Ryplek

Die eerste opstal wat jy teëkom nadat jy by die plaashek (S25.58952 E29.81749) inry, is ook die ontvangsge­bou vir Ribbokkloo­f. Hier sal die bestuurder, Elize Maree, vir jou ’n kaart van die 27 km lange 4x4-roete gee plus jou huisie se sleutel indien jy besluit om op Ribbokkloo­f te oornag.

Van hier af loop ’n netjiese grondpad af tot op die vloer van die kloof waar jy ’n kampplek en selfsorghu­ise aantref. Ry verby die huise dieper die kloof in. In die boloop van die spruit swenk die pad skielik links en die oppervlak daarvan verander in los gruis. As jou voertuig sukkel om teen hierdie skuinste uit te ry, moet jy dit heroorweeg of jy die taaier roetes aan die ander kant van die spruit moet aandurf. Maar as jou voertuig dié toets slaag, kan jy terugkeer na die spruit en dit met ’n geruste hart oorsteek.

Die eerste hindernis is ’n steil bult (S25.57483 E29.82557) wat taamlik uitdagend is as dit reën. Ons voertuig was toegerus met Bridgeston­e M/T-modderband­e en daarom kon ons redelik maklik oor die kleigrond teen dié bult klouter. Bo op die rant is ’n netwerk van tweespoorp­aaie. Sommige van hulle is toegegroei deur Australies­e wattels, en dan moet jy óf omdraai óf om die

Hier kan jy in die kliprant bo die kloof gaan stap, bergfiets ry, hengel, swem en natuurlik met jou veldryer kom speel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa