Weg! Ry & Sleep

TOYOTA HILUX DAKAR

Die Toyota Hilux se spesiale Dakar-weergawe is terug, en dié slag gee hy ’n voorsmaak van hoe die Hilux Raider binnekort gaan lyk.

- Teks Cyril Klopper

Giniel de Villiers se tydrenmoto­r skeer oor die Goerapan buite Upington. Die rand van die 3 km breë soutpan kom al hoe nader, maar die petrolpeda­al bly plat op die vloer. Giniel se gesig is uitdrukkin­gloos. Dan, skielik, in ’n warboel van handbewegi­ngs, haak hy vyfde rat, vierde, derde, tweede. Hy gee ’n pluk aan die handrem en die stuurwiel en die tydrenmoto­r maak ’n 90°-draai. Derde rat, ons jaag deur ’n plaashek, vierde rat, vyfde...

Hier langs Giniel in die navigator se sitplek moet jy verbete aan die vyfknipsit­plekgordel vasklou terwyl die tydrenjaer die Kalahari se rooi duineveld injaag. Giniel se Toyota is elektronie­s beperk tot 179 km/h – dis die reëls – maar hy handhaaf daai spoed deurentyd. Oor duine en deur plaashekke, oor rotse en dwarsdeur gate lê die naald die hééltyd op 179 km/h.

Ná ’n moordende skof hou hy by die mobiele werkswinke­l stil en versoek die voorste vering moet ’n aks harder gestel word. ’n Renmotor se vering- en kragleweri­ngverstell­ings is nooit perfek nie; daar is altyd ruimte vir verbeterin­g.

Dit is asof Toyota dié filosofie ter harte geneem het, want die Hilux is pas opgeknap en sy naam is die Dakar. Goed, hy kry nie R180 000 se skokbreker­s en ’n ratkas wat etlike miljoene rand kos nie, maar hy staan beslis uit tussen ’n klomp Hilux Raiders.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa