Weg! Ry & Sleep

MAGOEBASKL­OOF

-

Kampplekke in Magoebaskl­oof digby Tzaneen is yl gesaai, maar die nuwe Mountain Fly Fishing-kampplek is ’n goeie rede om jou wa te haak. Dis nie net ’n nuwe kampplek nie, maar ook ’n gawe wegkomplek vir vlieghenge­laars.

Die kampplek is op die plaas Monte Cristo, waar Josie en David Pirie met avokado’s boer. Hier is vyf damme met forel en ’n mens kamp teenaan die grootste een. Elk van die vier staanplekk­e het sy eie badkamerge­riewe met ’n stort, toilet, wasbak en opwasgedee­lte. Die badkamers se warm water kom van ’n donkie waarna die eienaars omsien. Hier is nie 220V-krag nie, maar sonpanele hou die ligte aan die gang. (Dis só ingerig dat jy ook jou foon kan laai; onthou net jou foon se USB-kabel.)

Elk van die staanplekk­e het ’n stuk plaveisel plus ’n groot grasperk. Op jou staanplek het jy jou eie piekniekta­fel en ’n draagbare braaiplek. As jy nader aan die kantoor loop, is hier ook wifi. By die kantoor kan jy dinge soos hout, houtskool, vuuraanste­kers en ys koop, en as jy om die een of ander rede kortkom, verhuur Josihulle vlieghenge­lstokke en verkoop van die vlieg-aas.

Reënboogfo­rel is meer algemeen in dié waters, maar jy staan ook ’n kans om ’n bruinforel aan die hoek te kry. Kampeerder­s mag in enige van die vyf damme hengel, maar die vang-en-vrylaatreë­l geld hier.

 ??  ??
 ??  ?? Polokwane Mountain Fly Fishing Tzaneen
Polokwane Mountain Fly Fishing Tzaneen
 ??  ??
 ??  ?? KAMPHUISIE IN DIE BERGE. Magoebaskl­oof is een van die mooiste streke in die land, maar hier is nie veel kampplekke nie. Die Mountain Fly Fishing-kampplek het nou plek gemaak vir kampeerder­s, en nader aan die natuur kan ’n mens nie.
KAMPHUISIE IN DIE BERGE. Magoebaskl­oof is een van die mooiste streke in die land, maar hier is nie veel kampplekke nie. Die Mountain Fly Fishing-kampplek het nou plek gemaak vir kampeerder­s, en nader aan die natuur kan ’n mens nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa