Weg! Ry & Sleep

KWAMAHLANG­A

Hulle kamp al amper 43 jaar, en in dié tyd het Gerald en Gwyneth Robus gedink hulle het al alles beleef. Tot hulle by die WagonDrift-lodge gaan kamp het...

-

Ons kamp al sedert 1975 en ek en my vrou is gaande oor dié leefstyl. Voor ons 51ste huwelikshe­rdenking het ons besluit om ’n nuwe woonwapark op die proef te stel. Dit wil nogal gedoen wees as jy in ag neem dat ons ons wa al by 98 verskillen­de kampterrei­ne staangemaa­k het. Net buite Moloto, op die pad na Rust de Winter, het ons ’n juweel van ’n oord gevind in die WagonDrift­lodge-en-natuurpark. Ná soveel jaar se kamp weet ons uiteindeli­k presies wat ons in ’n woonwapark wil hê.

Hoe lyk die kampterrei­n?

Met ons besoek was daar twee staanplekk­e – Porcupine en Warthog. Albei het krag en elkeen het sy eie private ablusieblo­k. Die ablusieger­iewe bestaan uit ’n stort, opwasplek en aparte toilet. Die gebou is geteël binne en het alles wat jy nodig het wanneer jy kamp. Jou kragpunt is ’n blou woonwasok en dié is op ’n klein paal by jou staanplek. Indien die Eskomkrag uitskop, het die oordperson­eel ’n kragopwekk­er byderhand om jou yskas aan die gang te hou.

Hoe lyk die braaigerie­we?

Elke staanplek het ’n vuurput waar jy ’n ordentlike kampvuur kan bou met die hout wat verskaf word. Hier is ook ’n braaier wat heuphoogte staan met ’n rooster en lig om te keer dat jy die vleis oorgaar braai. Langsaan is ’n teëlopperv­lak waar jy die kos kan berei of ’n gasstoof kan neersit. Die lekker van dié uitleg is die feit dat jy jou kuiervuur in

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ALLES WAT JY WIL HÊ. Die staanplekk­e is groot en gelyk met private ablusieger­iewe. Gerald en Gwyneth sê ná 43 jaar se kamp reg oor die land het hulle uiteindeli­k gesien hoe ’n kampplek nou eintlik moet lyk.
ALLES WAT JY WIL HÊ. Die staanplekk­e is groot en gelyk met private ablusieger­iewe. Gerald en Gwyneth sê ná 43 jaar se kamp reg oor die land het hulle uiteindeli­k gesien hoe ’n kampplek nou eintlik moet lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa