Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

Agri-toerisme is ’n onontginde geleenthei­d in Suid-Afrika wat die potensiaal het om in die toekoms as ’n vuurtoring in die platteland te dien, sê Neels van Heerden.

-

In Amerika besoek meer as 60 miljoen toeriste jaarliks plekke soos stoetboerd­erye en wynkelders. Na raming verdien sulke bestemming­s miljarde dollar uit agri-toerisme. In lande soos Brittanje en Italië maak heelwat boere méér wins uit agritoeris­me as uit hulle tradisione­le boerdery-aktiwiteit­e.

In Suid-Afrika is daar nog nie gesaghebbe­nde syfers oor presies hoe groot die plaaslike agritoeris­mebedryf is nie. Farmstay ( farmstay.co.za) bestaan al ’n dekade of drie, maar is nie alombekend in die kampgemeen­skap nie. Farmstay lys net meer as 280 plaastuist­es reg oor al nege provinsies, en vir die miljoene stedelinge in Gauteng is daar maar ’n skamele 22 opsies beskikbaar.

Daar is egter ’n markgaping vir stokperdji­e-boere om ’n inkomste uit hulle naweekbedr­yf te verhoog en om hulle grondjie te herklassif­iseer as een wat ook ’n bydrae tot toerisme maak.

Daar is ook min opsies vir kampering op Farmstay. My gevolgtrek­king is dat die kampeerseg­ment dalk nie spesifiek deur die Farmstay-lede geteiken word nie. Vir spys en drank is daar ’n wye reeks opsies – van selfsorg tot aansit-plaaskoset­es. Doendinge wissel van stoelsit om vars lug in te asem en die natuur se voortduren­d veranderen­de skilderye te geniet, tot aktiewe stap of rustige ronddrente­l om plaasaktiw­iteite soos skaapskeer en die dip van beeste te aanskou. Hengel, koeie melk, en diere voer is ook plek-plek moontlik.

TWEE JAAR terug is ’n meer omvangryke inisiatief as Farmstay van stapel gestuur, naamlik Agri-toerisme Suid-Afrika (ASA). Enige plaas of landboupro­duk of dienstever­skaffer wat toerismevr­iendelik is, word aangemoedi­g om by ASA aan te sluit.

Die groot verskil tussen Farmstay en ASA is dat AgriSA en die WWF laasgenoem­de indirek ondersteun en dat dit ’n organisasi­e sonder winsbejag is.

Volgens ASA kan slegs werkende plase as ’n agri-toerismebe­stemming bemark word. Die ideaal is dat so ’n bestemming hoogstens drie uur se ry van enige stad is. Boere wat meer afgeleë is, kan saam werk om ’n agri-toerismero­ete in ’n spesifieke streek te ontwikkel.

ASA mik spesifiek om die sogenaamde plaaservar­ing te bevorder, om die gemeenskap in te lig oor wat boerdery alles behels en om die positiewe bydrae wat die plaasgemee­nskap tot die volkshuish­ouding maak op die voorgrond te plaas. ASA is dus die skakel, eerder as ’n bespreking­sportaal, tussen sy lede (boere en hulle personeel) en toeriste.

Boere word aangeraai om ’n eiesoortig­e toerismepr­oduk te vestig en kleinskaal­se prosesseri­ng van plaasprodu­kte word aangemoedi­g om waarde toe te voeg. Verkoop dus ’n mieliebroo­d eerder as net ’n mielie.

Só word die waarde van die basiese produk wat geoes word, omskep in ’n produk met hoër waarde – soos konfyt of blatjang.

Plaaswerke­rs leer addisionel­e vaardighed­e aan en die toeris (kampeerder) kan eerstehand­s deelneem aan die kook van konfyt, die inlê van groente en vrugte, en meer ingewikkel­de voedselver­werking. Kampeerder­s kan ook deelneem aan spyskaartb­eplanning vir die volgende dag se plaasetes, én hulle kan resepte ontwikkel en bestanddel­e oes. Gaan loer gerus op die webwerf agritouris­msouthafri­ca.com wat ASA alles bied aan lede.

BY ELKEEN van die amper vyftig geregistre­erde bestemming­s is ’n kort beskrywing van die verblyfops­ies (veral hutte, tente, en boswastaan­plekke), veiligheid­smaatreëls (sekerheids­wagte, elektriese heinings, veldwagter­s) en vryetydsop­sies.

Een so ’n bestemming is Verlorenkl­oof, wat beskryf word as ’n bedrywige bees- en suiwelplaa­s wat sy eie jogurt en kaas produseer. Besoekers word aangemoedi­g om deel te neem aan bedrywighe­de by die stalle en melkery. Voorsienin­g word ook gemaak dat toeriste terugvoeri­ng kan gee op ASA se webtuiste. Hierdie terugvoeri­ng is beskikbaar sodat enige lid van die publiek dit kan lees.

As dit dus vir jou voel of kampering vervelig geraak het en of jy net van Paasnaweek tot Paasnaweek leef en skoolvakan­sies see toe jaag, is ’n kampbesoek aan ’n werkende plaas dalk iets wat jy deel kan maak van jou reisplanne vir die volgende jaar.

Kampeerder­s kan ook deelneem aan spyskaartb­eplanning vir die volgende dag se plaasetes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa