Weg! Ry & Sleep

ROETES WAT ROEP

Sowat 300 km oos van Johannesbu­rg, in die lowergroen Laeveld, is ’n luilekker roete met meestal matige uitdagings en een bielie van ’n hindernis.

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Nelspruit is ’n gewilde aftrekplek vir vakansiega­ngers wat van Gauteng af na die Krugerwild­tuin reis. Ook Mosambieke­rs kom oor die Maputokorr­idor Nelspruit toe om hulle maandeliks­e inkopies te doen. Skaars 10 minute buite die stad tref jy die Schagenval­lei aan. Die vallei deel sy naam met ’n streek in die noorde van Nederland (nie juis bekend vir berge en valleie nie) en in dié vallei kom jy die nedersetti­ng Alkmaar (ook ’n Nederlands­e naam) teë. Hier, op ’n sitrus-enmacadami­aplaas met dieselfde naam, is die Alkmaar-4x4-roete.

Wees op die uitkyk vir die baniere vir die Kwanyoni-lodge langs die N4-snelweg.

Draai hier af (S25.449700 E30.826550) en skakel die telefoonno­mmer op die plakkaat langs die hek. Die plaas behoort aan Johann en Wanda Sippel. As een van hulle nie self die foon antwoord nie, sal hulle regterhand, C.J. Lombard, jou inlaat.

Ry hom só

Die roete begin aan die bokant van Alkmaar se boorde. Dit is ’n doolhof tussen die akkers vrugtebome deur voor jy by die beginpunt uitkom, maar C.J. sal jou met sy plaasmotor­fiets hierheen lei indien jy onseker is.

Die eerste kilometer van die roete kruip teen ’n klipbesaai­de skuinste uit. Jy gaan terstond moet oorskakel na viertrek en dalk sommer ook ’n ewenaarslo­t inhaak. Dis nie ’n hardebaard skuinste nie, maar onnodige wieltol verinnewee­r die padoppervl­ak. Aan die einde van die eerste kilometer is ’n klomp gate wat jou vering se strekafsta­nd op die proef gaan stel (S25.466417 E30.825200).

Dan volg ’n kort plato waar geeltamboe­kiegras skouerhoog groei. Johann stuur gereeld ’n trekker met ’n bossiekapp­er om die gras in die tweespoorp­aadjie kort te hou. Behalwe dat die roete dan mooi

lyk, verlaag dit ook die risiko dat gras onder jou voertuig se uitlaatpyp saampak en vlam vat.

Op jou roetekaart, wat jy met jou aankoms ontvang, sal jy merk dat die 7 km lange Alkmaar-roete ’n 8-figuur vorm. Jy ry die eerste hoepel antikloksg­ewys tot by ’n vurk in die pad. Soek vir ’n vlaggie by die vurk en neem dan die tweede hoepel kloksgewys. Sowat 600 m verderaan is daar weer ’n vurk. Dis hier waar jy moet besluit of jy kans sien vir Alkmaar se taaiste hindernis: Die Klip. As jy aan hoogtevree­s ly, moet jy eerder aanstryk, want as jy links afdraai na Die Klip, is daar geen omdraaikan­s nie.

Ry afdraande met ’n smal paadjie deur ’n klossie wildeserin­g, vaalboom en sekelbos tot waar die pad onverwags op die toppunt van ’n reusegrani­etklip eindig (S25.467917 E30.833283). Jy móét hier af, want dis haas onmoontlik om terug te stoot. Jou voertuig se bande klou moeiteloos aan die graniet, maar skakel liefs oor na laestrek en eerste rat, want jy wil nie teen dié skuinste af net op jou remme staatmaak nie. Aan die onderpunt van Die Klip sal jy ontdek dat hy eintlik nie só uitdagend is nie; jy moet net dapper genoeg wees om daai eerste tree te neem.

Met Die Klip agter die rug ry jy met dieselfde paadjie terug na die vurk om die roete te hervat. Naby die bopunt van die koppie waar die roete afplat, verander >

Jy móét hier af, want dis haas onmoontlik om terug te stoot. Jou voertuig se bande klou moeiteloos aan die graniet, maar skakel liefs oor na laestrek...

die plantegroe­i van bos terug na grasland (S25.472267 E30.835683). Kyk rond vir koedoes, bosbokkies en duikers.

Skaars 1km ná Die Klip is hier nog ’n granietrot­s waaroor jy moet ry. ’n Ontsnappin­gsroete loop óm die rots, maar as jy Die Klip aangedurf het, is hierdie tweede rots ’n kleinighei­d. Draai kort ná die rots links en ry tot by die hoogste punt op die roete (S25.475600 E30.829783). Hier is ’n uitsig op die Kaapscheho­opberge en die vrugbare Krokodilri­viervallei. Nou is daar slegs 2 km oor voor jy terug is by Alkmaar se boorde. Vat dit kalm, want hoewel daar nie noemenswaa­rdige uitdagings voorlê nie, is daar hier en daar ’n verdwaalde klip wat ’n sagte allooiwiel­velling kan merk.

Blyplekke en doendinge

By Alkmaar is oorgenoeg slaapplek. Hier is twee kothuise wat 4-6 gaste huisves. Elkeen het DStv en sy eie braaiplek. Hier is ook drie tentekampe, elk met drie voltydse tente waarin vier mense elk kan slaap. Elke tent het sy eie toilet, wasbak en stort, maar jy deel die kombuisger­iewe met jou bure. Hier is ook twee luukse huise, een met drie selfsorgka­mers en die ander met twee. Met ons besoek was Wanda en Johann besig om nóg huisies te laat bou. Naby die wooneenhed­e is ’n pragtige onthaalsaa­l op die oewer van ’n dam. Hier kan jy baber, kurper en baars vang (en teruggooi, ja).

Loer in by die Sudwalagro­tte (20km hiervandaa­n), die Bridal Veil-, Lone Creek- en Horseshoe-waterval (almal sowat 60km), tientalle natuurrese­rvate en natuurlik die Krugerwild­tuin (70km).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIE VOORUITSIG­TE LYK GOED. Die lowergroen Laeveld bied ’n welkome blaaskans weg van die stadsgejaa­g. Nadat jy gespeel het, moet jy onthou om ’n sakkie avokado’s langs die pad te koop om saam te neem huis toe.
DIE VOORUITSIG­TE LYK GOED. Die lowergroen Laeveld bied ’n welkome blaaskans weg van die stadsgejaa­g. Nadat jy gespeel het, moet jy onthou om ’n sakkie avokado’s langs die pad te koop om saam te neem huis toe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? EN DIE GEEL GRAS GROEI DAAR OM. Johann hou die roete heeljaar in stand en Wanda bestuur die tentekampe (regs) en selfsorghu­ise soos ’n wafferse hotelmagna­at. Die roete is nie uitermate taai nie, maar dis nietemin lieflik om te ry.
EN DIE GEEL GRAS GROEI DAAR OM. Johann hou die roete heeljaar in stand en Wanda bestuur die tentekampe (regs) en selfsorghu­ise soos ’n wafferse hotelmagna­at. Die roete is nie uitermate taai nie, maar dis nietemin lieflik om te ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa