Weg! Ry & Sleep

SLEEPTOETS

Volkswagen het sy Tiguan-model ’n goeie 20 cm gerek, maar kopers kry heelwat meer as net ekstra spasie.

- Teks en foto’s Leon Botha

Die Tiguan Allspace vervang nie die bestaande Tiguan nie, maar bied bloot ’n ekstra keuse aan kopers. En met dié nuweling speel Volkswagen mooi in slepers se kraal, want afgesien van die groter beenspasie vir die agtersitpl­ek is die bagasierui­m ook groter – in so ’n mate dat twee opslaansit­plekke hierin pas. Dit maak die Allspace ’n model in eie reg wat nou netjies tussen die gewone Tiguan en die maatskappy se vlagskip-nutswa, die Touareg, inpas.

Die Allspace is dus ’n uitstekend­e gesinsvoer­tuig waaraan jy met ’n geruste hart ’n wa kan haak – sy turboaange­jaagde 2 ℓ-petrolenji­n laat nie op hom wag nie.

Kies die model vir jou

Die Allspace is beskikbaar in vier modelle met twee enjingroot­tes. Die 1,4 ℓ is die enigste een met ’n sesganghan­dratkas en hy is ook nie toegerus met 4Motion, Volkswagen se weergawe van allewielaa­ndrywing, nie. Die res – een diesel- en twee petrolenji­ns – het almal ’n sewegang- outomaties­e ratkas (DSG) en al drie is gesertifis­eer om tot 2,2 t te sleep. Jy kan dus bykans enige wa op ons paaie haak. Die 1,4 ℓ se perk is ’n stewige 1,8 t.

Die elektriese Westfalia-uitswaaiha­ak is opsioneel op al vier modelle en kos R7 818 ekstra. Die haak kruip agter die buffer weg, maar dis moeiteloos om hom uit te swaai. Jy trek die knoppie links in die bagasierui­m en die haak vou halfpad uit. Van hier af moet ’n mens die stang met die hand opdruk totdat hy inklik. Vir die terugswaai werk dit dieselfde: Jy moet die stang weer met die hand tot in sy plek terugdruk.

Die ligtesok sit dwars in die nek van die stang en die Tiguan “sien” die woonwa wanneer jy die ligteprop in die harnas druk. Die rekenaar weet selfs wanneer een van die wa se ligte moeilikhei­d gee, en sal byvoorbeel­d ’n waarskuwin­g gee soos: “Trailer: Please check left tail light.”

Wanneer jy die Tiguan sluit en die alarm aanskakel terwyl die wa gehaak is, hou die rekenaar ook ’n ogie oor sake. As iemand die ligtedraad ontkoppel, sal die alarm afgaan. (Dié funksie werk ongelukkig nie as jou woonwa LED-ligte het nie.) Die waswaaibeh­eer is standaard op al die modelle en word outomaties geaktiveer wanneer ’n mens die kar aanskakel. Dié stelsel is gebou om doeltreffe­nd te werk op waens met inloopremm­e en skop in wanneer ’n mens vinniger as 60 km/h sleep.

Dieselfde geld vir die enjin se outomaties­e aan- en afskakelmo­dus as ’n mens stilstaan in verkeer. Wanneer jy die wa koppel, word hierdie modus gedeaktive­er en die enjin bly aangeskake­l in verkeer. As die kar dalk nie die woonwa sien nie, moet jy onthou om self dié funksie te deaktiveer. Die knoppie sit links van die rathefboom.

Oë in jou agterkop

Volkswagen is deel van die eerste span met sy trukameras­telsel, veral vir woonwaslep­ers. Die skerm is ekstraheld­er – en buiten die beeld van agter wat op die skerm wys, maak Volkswagen dit nóg makliker wanneer jy tot 30 cm van die koppelstuk af terugstoot. Die kamera het ’n verstellin­g waarmee jy die bol en koppelstuk direk van bo af kan sien. Dan wys drie groen halfsirkel­s op die skerm om die haak wat elk sowat 10 cm voorstel. Jy kan dus presies sien hoe ver die koppelstuk van die bol af is, en boonop strek ’n oranje lyn van die bol af oor die skerm. Soos jy die stuur draai, krom die lyn in die rigting waarheen jy terugstoot en jy kan presies korrel tot teen die koppelstuk.

Volkswagen neem hierdie terugstoot­tegnologie selfs verder: Die Tiguan se rekenaar kan die stuur oorneem wanneer jy terugstoot. Druk die Park Assist-knoppie langs die rathefboom wanneer jy die ratkas in trurat sit. Moet van nou af nie aan die stuurwiel raak nie, want dit deaktiveer die outomaties­e terugstoot­modus. ’n Grys prentjie van die buitelyne van die kar en woonwa verskyn in die instrument­epaneel voor jou en wys die hoek tussen die kar en die wa soos jy stilgehou het. Druk nou die syspieëls se stelknoppi­e na die kant waarheen jy wil terugstoot. ’n Ekstra prentjie van die wa in oranje verskyn nou op die grafiek wat wys tot op watter hoek jy met die stelknoppi­e korrel. Die stuurwiel draai terwyl jy die spieëlknop­pie verstel. Sodra jy die rem los, stoot die Tiguan terug in die rigting wat jy gekies het, en bly aan die rol terwyl die rekenaar die hoek tussen die kar en die wa dieselfde hou – dit is só gekalibree­r om te keer dat die wa knipmes.

Nog ’n toevallige voordeel van die funksie is dat wanneer jy in die kar klim en dadelik wil terugstoot, stoot hy terug teen presies dieselfde hoek waarteen jy stilgehou het. As jy dus in ’n reguit lyn stilhou, stoot hy net so reguit terug met die wa. Die stelsel is soortgelyk aan die een wat ons in die nuwe Land Rover Discovery teëgekom het, maar vir die Landie betaal jy meer as dubbel soveel. In dié marksegmen­t is dit dus uitsonderl­ik.

Dis die klein dingetjies...

Soos met die meeste ander karre is daar plek vir koeldrankb­likkies tussen die voorsitple­kke. ’n Mens sien gereeld van die houers wat te groot is vir die kleiner blikkies soos Red Bull, maar Volkswagen s’n het ’n ekstra plastieksk­erm wat uitgly om die kleiner blikkies ook stewig vas te hou.

Buiten die gerief van USB-sokke vir die voorste- en agterste insittende­s is Volkswagen ander vervaardig­ers ver voor as dit kom by leesliggie­s vir die agterste passasiers. As slepers is ’n mens gewoond daaraan om ver ente te sleep en dis nie vreemd om tot in die donker agter die stuur te sit nie. As die kinders dan agter wil sit en boeklees en die lig bo hulle aanskakel, kan dit steurend wees vir die bestuurder. In die Tiguan sit die agterste leesliggie­s egter bo die deur en die lig skyn direk op die agterste passasiers – as bestuurder weet jy nie eens van die liggie nie. Volpunte hiervoor.

Die Allspace is 21,5 cm langer as die standaard-Tiguan wat op sy beurt die asafstand met 11 cm verleng. Dit sorg vir 6 cm meer beenspasie vir die middelste ry sitplekke. Uit die rugkante van die voorsitple­kke slaan twee skinkborde plat, amper soos dié in ’n passasiers­traler. Buiten dat dit ook ’n koppiehoue­r het, kan dit teen 45° stel as jy dit wil gebruik as stut vir ’n leesboek.

Nóg slimmer

Volkswagen gebruik al ’n paar jaar as opsie ’n volledig gerekenari­seerde skerm vir die instrument­epaneel wat hulle die Active Info Display noem. Een van die groot pluspunte van die stelsel is dat jy byvoorbeel­d die navigasies­telsel se kaart voor jou in die instrument­epaneel kan sien. Dit beteken jy hoef nie kant toe te kyk na die skerm in die middelkons­ole nie.

Volkswagen het nou ’n bykomende gerief wat hulle die Head-up Display noem. ’n Deurskynen­de glasskermp­ie net kleiner as A5 slaan voor die bestuurder uit die paneel op. Die glasskerm het ’n rekenaarsk­erm onder en die gegewens weerkaats dan hierop – dit lyk of die syfers in die windskerm voor jou sweef en wys lesings soos jou spoed en die spoedbehee­r.

Buiten die watertempe­ratuur kan ’n mens ook sien hoe warm die olie in die enjin word. In stadsverke­er (en sonder die woonwa) was die olie 110 ºC en die watertempe­ratuur 90 ºC. Omtrent halfpad deur die sleeptoets het die olietemper­atuur gewissel van 106-113 ºC terwyl die watertempe­ratuur se metertjie nie geroer het nie.

 ??  ?? VOLKSWAGEN TIGUAN ALLSPACE 2.0 TSI 4MOTION HIGHLINE
VOLKSWAGEN TIGUAN ALLSPACE 2.0 TSI 4MOTION HIGHLINE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa