Weg! Ry & Sleep

KAMPBOFFIN

- Teks en foto’s Kyle Kock

Die handelsnaa­m Camp Cover het geen bekendstel­ling nodig nie. Onder kampeerder­s en 4x4-geesdrifti­ges is dit ’n gunsteling om hulle toerusting te beskerm. Ons besoek hulle fabriek in Blackheath, Kaapstad, om te sien hoe hulle sakke en beskermend­e oortreksel­s vervaardig word.

Die maatskappy het in 1991 sy deure geopen en aanvank- lik sagte koelsakke in hulle klein fabriek in Maitland ver- vaardig. Die Camp Cover-reeks soos ons hom vandag ken, het 20 jaar gelede die lig gesien en het dié familie-onder- neming in staat gestel om sy groter fabriek van 2 000 m² in Blackheath te bekom. Vandag het hulle nie minder nie as 80 mense in diens.

Die fabriek lewer gemiddeld 150-350 sakke per dag, afhangend van die item. Wanneer iets soos ’n gewone inkopiesak vervaardig word, kan tot 1 200 per dag geprodusee­r word, maar met ’n meer komplekse item lewer die fabriek 60 produkte per dag.

Die fabriek is aanpasbaar by markomstan­dighede en kan vinnig van koers verander. Gestel ’n produk vaar nie besonder goed op die winkelrak nie, kan hulle die fokus verskuif, ’n nuwe item ontwikkel en dit binne twee maande op die rak hê. Dit gee hulle ’n groot voordeel bo handelsnam­e uit die Verre-Ooste, wat elke ses maande groot vrag- houers vol generiese items na Suid-Afrika verskeep.

Buiten die Camp Cover-reeks vervaardig die fabriek ook promo- sie- en korporatie­we items. Dié deel van die ondernemin­g is nie net gemik op groter klante wat reusebeste­llings plaas nie, maar ook op Jan Alleman wat op soek is na verpersoon­likte items vir eie gebruik.

Selfs in vandag se moeilike ekonomiese klimaat kon Camp Cover daarin slaag om hulle volumes te verhoog. Dit is grootliks te danke aan hulle teenwoordi­gheid by buitelugsk­oue waar hulle direk met voornemend­e en huidige klante gesels. Hulle is gretig om na voorstelle te luister en het al ná gesprekke met mense wat hulle produkte elke dag gebruik, veranderin­ge aangebring.

Die Camp Cover-reeks bestaan op die oomblik uit 170 verskillen­de sakke, maar hulle probeer om minstens twee maal per jaar nuwe produkte te ontwikkel. Van hulle mees onlangse toevoeging­s sluit in sakke vir jaggewere en produkte wat gemik is op die groeiende fietsrymar­k in Suid-Afrika.

Camp Cover het ook begin om sy produkte na Australië en Europa uit te voer en dit wil voorkom of verbruiker­s daar ’n waardering vir Suid-Afrikaanse gehalte het. Soos dinge nou staan, gaan Camp Cover heel waarskynli­k binne die volgende twee jaar meer as 200 verskillen­de sakke in hulle reeks hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa