Weg! Ry & Sleep

4x4-PROFESSOR

Neem jy ’n ys-vrieskas saam op jou reise? Of is daar soveel katoeters by jou ryding ingeprop dat dit die battery doodtrek? ’n Dubbelbatt­erystelsel is ’n oplossing, ja, maar hier’s ’n paar dinge wat jy moet weet.

- Teks Cyril Klopper Illustrasi­es Dominic Wienand

Die dubbelbatt­erystelsel bestaan uit ’n tweede (of derde) battery wat aan jou voertuig se alternator gekoppel is. Die doel daarvan is om elektrisit­eit aan jou yskassie of cappuccino­masjien te verskaf sonder om jou hoofbatter­y leeg te tap. Jy kan jou eie dubbelbatt­erystelsel prakseer óf jy kan een van talle klaargemaa­kte stelsels koop en in jou voertuig laat aanbring.

Installeer hom só

Die eenvoudigs­te manier is soos volg: Heg die punt van een batterykab­el aan die negatiewe pool van jou hoofbatter­y en die ander punt aan die negatiewe pool van jou tweede battery. Heg ’n tweede batterykab­el aan die positiewe pool van die hoofbatter­y en die ander punt aan ’n isoleerder. Van die isoleerder af loop daar nog ’n batterykab­el na die positiewe pool van jou tweede battery. Let wel dat jy smeltdrade vóór en ná die isoleerder in die positiewe batterykab­els moet aanbring. Nou kan jy jou gunsteling­kamptoeste­l aan die tweede battery koppel.

Die isoleerder keer dat jou ys-vrieskas die hoofbatter­y se elektrisit­eit steel. Die isoleerder kan ’n eenvoudige skakelaar wees wat jy self aan- of afskakel om die tweede battery te herlaai

Dit is egter ’n beslommern­is, want as jy in die oggend wegtrek, moet jy eers ’n ent ry om jou hoofbatter­y tot op 12,6V te laai, dan moet jy aftrek en die skakelaar wip sodat die tweede battery ook laai, en as jy vanaand by jou kampplek stop, moet jy die skakelaar wéér wip om die hoofbatter­y te isoleer sodat hy môreoggend nog sterk genoeg is om jou trokkie se enjin te swaai.

Nee wat, vir die beste resultate uit ’n dubbelbatt­erystelsel stel ons eerder ’n intelligen­te solenoïed voor. Dié toestel weet self wanneer jou hoofbatter­y volgelaai is en eers dan sal hy die elektriese stroom uit die alternator met jou tweede battery deel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa