Weg! Ry & Sleep

IETS ANDERS

Haar pa is onlangs oorlede, maar Driekie Pelser van Marble Hall in Limpopo is oorgehaal om sy kampdroom te bewaarheid.

-

My pa, Neville Mallinson, se grootste wens was om met ’n woonwa te gaan kamp ná sy aftrede. Ongelukkig was hy ’n kankerlyer en hy is in Januarie vanjaar oorlede sonder dat hy ooit sy familie met ’n kampvakans­ie in sy wa kon bederf. Ons het ná sy dood sy internet soek geskiedeni­s nagegaan en was baie hartseer toe ons sien hoe hy aanlyn na gesin vakansie bestemming­s, ry huise en woonwaens gesoek het. Dit was sy droom.

Ek het besluit om vir ons klein gesin ’n woonwa te soek sodat ek saam met my man, Abram, en ons twee kinders, Corinne (3) en Abram jr. (1) kan gaan kamp – om gestalte te gee aan my pa se onvervulde droom. Terwyl ek gesoek het, het ek besef ek het my rybewys gekry twee maande nadat die wetgewing in 1998 verander het. Ek kan dus nie enigiets swaarder as 750 kg sleep nie omdat ek nie ’n EB-rybewys het nie. Wat ’n teleurstel­ling!

Ek het wyd en syd gesoek, en uiteindeli­k vir ons ’n 1995-model Mitsubishi L300ryhuis met ’n Mazda 2,5 ℓ-turbodiese­lenjin gekry met net 104 000 km op die klok. Ek kon sien hy was lank in onbruik en hoor toe die vorige eienaar, wat toevallig ook aan kanker gely het, het hom inderdaad twee jaar nié gebruik nie. Hoe ook al, ek is nou die trotse eienaar van die ryhuis.

Die vorige eienaar het die boonste bed en die bed agter die bestuursit­plek verwyder, maar ons moet dit terugsit sodat al vier van ons gemaklik kan slaap. Maar andersins het die Mitsubishi ’n badkamer, toilet, groot yskas, mikrogolfo­ond en selfs ’n klein televisie.

Die ryhuis het ongelukkig baie werk nodig om hom tot sy gloriedae te herstel. Die rubberseël­s en slotte moet almal vervang word en ons gaan ’n wa-bouer nodig hê om na ’n klomp ander probleme om te sien. Die enjin loop ook nie 100% nie, maar my man glo hy kan dit sommer self regsien.

Ons wil graag hoor of daar iemand is wat ons kan help om my pa se droom ’n werklikhei­d te maak, want ons wil graag met die L300 in Bela-Bela gaan kamp. Ons begroting vir die herstelwer­k is rondom R25 000. Hopelik kan ons die projek ter ere van my pa voltooi. En wie weet... dalk pronk die ryhuis eendag op Weg Ry & Sleep se ‘My wiele’-blaaie. Het jy iewers in jou omswerwing­e ’n seldsame sleepsel of ryding gesien? Vertel ons daarvan en stuur vir ons ’n foto na rysleep@weg.co.za.

 ??  ??
 ??  ?? AMPER DAAR. Die Mitsubishi L300-ryhuis wat Driekie gekoop het, kort baie werk, maar sy is oorgehaal om hom tot sy eertydse glorie te herstel sodat sy haar oorlede pa, Neville, se droom van ’n kampvakans­ie vir die gesin kan verwesenli­k.
AMPER DAAR. Die Mitsubishi L300-ryhuis wat Driekie gekoop het, kort baie werk, maar sy is oorgehaal om hom tot sy eertydse glorie te herstel sodat sy haar oorlede pa, Neville, se droom van ’n kampvakans­ie vir die gesin kan verwesenli­k.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa