Weg! Ry & Sleep

JAGUAR E-PACE

Die Jaguar E-Pace is ’n parmantige sportnuts wat lyk asof hy nooit die gemak van die stad wil verlaat nie. Maar pasop vir hom as hy blaas en sy naels uitstoot, sê Cyril Klopper.

-

Die Jaguar E-Pace is ’n parmantige sportnuts wat lyk asof hy nooit die gemak van die stad wil verlaat nie. Maar pasop vir hom as hy blaas en sy naels uitstoot.

Die oorspronkl­ike plan was om die tweespoorp­aadjies van die Kougawilde­rnisgebied in die Langkloof met díe Jaguar te verken, maar toe ons hoor die bergtoppe van die Kamanassie af tot doer onder in die Kaap lê spierwit onder die sneeu, het ons die tog na Hoeree aan die einde van die Kouga-wildernis-4x4roete kortgeknip en ons warmste klere in ’n tas geboender.

Ons gaan sneeu kyk!

Heelpad streekpad

Ons trek teen oggendskem­er uit die Oos-Kaapse dorp Joubertina weg. Hopelik is ons vroeg genoeg om vóór Oudtshoorn se verkeersko­nstabels by die Swartbergp­as uit te kom – voor hulle dit vir verkeer kan sluit. Met die druk van die ritmoduskn­oppie skakel ons oor van die eko- na die dinamiese modus, want dis wraggies nie nóú die tyd om brandstof te bespaar nie. Die E-Pace se geaardheid verander binne millisekon­des, so asof hy weet daar’s ’n wedren tussen ons en Oudtshoorn se pretbederw­ers. Die werkverrig­ting en stuuraksie word opgeskerp terwyl die stemmingsb­eligting onder die instrument­epaneel en binne die deure verkleur van ’n strelende groen na ’n omgekrapte rooi gloed.

Die E-Pace brul deur Krakeel, Louterwate­r en Misgund, maar sy harde vering is nie te gaande oor die stamperige teerpad nie. Anderkant Haarlem strek die R62-streekpad voor ons uit in ’n loodregte lyn tot aan die voet van die Outeniquab­erg.

Die allewielaa­ndrywing werk hard om wringkrag van die agteras af weg te kanaliseer na die voorwiele waar dit nou nodig is. Iewers onder die bakwerk is ’n blikbrein se sensors ook besig om die gierhoek (yaw angle), stuurwieli­nsette en bakwieg te meet. Die intelligen­te 9 spoedoutom­atiese ratkas werk oortyd, maar die bestuurder en passasiers

is salig onbewus van die elektronie­se en meganiese warboel wat agter die skerms plaasvind. Op die instrument­epaneel se 21:9-wyehoekraa­kskerm is daar wel ’n grafiese uitbeeldin­g van die allewielaa­ndrywing waarop jy kan sien hoe enjinkrag van een wiel af weggevat word en vir ’n ander gegee word na gelang van die padtoestan­de. Slim.

Mik hoog

Die wolke lê bankvas op die Swartberg en dit lyk of dit besig is om te sneeu. Die bergpas is nog nie deur die plaaslike owerhede gesluit nie. By die Calitzdorp-afdraai staan daar wel ’n konka in die pad, maar nêrens is ’n “gesluit”-padpredika­nt óf polisievoe­rtuig te bespeur nie. Dis nou of nooit...

Die teerpad slaan gou oor na grond – eintlik modder – en sneeuvlokk­ies fladder vrolik om ons heen. Nou en dan kom ’n modderbesm­eerde motor van voor af, bergaf, en jy sien die bekommerde uitdrukkin­g op die bestuurder se gesig. Ter voorbereid­ing van wat moontlik op pad is, wikkel ons die ritmoduskn­oppie na die programatu­ur vir reën, ys en sneeu.

By Witdraai, ’n kinkel teen die berghang skaars 5 km teen die pas uit, is daar ’n verkeerskn­oop. ’n Volkswagen Touran gly-gly agteruit, want sy voorwielaa­ndrywing kan nie daarin slaag om die kar teen die geyste bergpad uit te kry nie. Eenkant staan nóg ’n slagoffer...’n Audi A4 met ’n wiel in ’n sloot vasgepen.

“Is dié ’n 4x4?” vra ’n toeris

skepties terwyl ons verby die geknelde voertuie ry. “Want anders gaan jy nie hier uit nie.”

By die Skelmdraai-uitkykpunt trek ons af vir foto’s. Die sneeu val nou oorvloedig en die grondpad is seepglad. Nadat ons die gebruiklik­e sneeuman gebou het, klouter ons bibberend terug in die E-Pace. Die verhitte sitplekke – voor én agter – werk oortyd en die lugreëling lek ons wasem van die ruite af.

Om teen ’n geyste bergpad weg te trek is dikwels ’n tameletjie, maar die E-Pace se sensors neem elke 10 millisekon­des (dit is elke 0,01 s – ja, ’n honderste van ’n sekonde) ’n lesing op elke wiel en pas dan die kragverspr­eiding daarvolgen­s aan. Wanneer jy die pedaal trap, lyk dit eers asof niks gebeur nie, maar dan voel jy hoe ’n wiel byt en los, gevolg deur nog ’n wiel wat versigtig draai... en dan, skielik, beweeg jy sonder enige wieltol.

Bo op die Swartbergp­as, by die ingang van die Swartbergk­ruin-4x4-roete, oorweeg ons dit om die Jaguar ’n ent berg-in te neem. Maar eers skakel ons van die 360°-kamera se beeld oor na die allewielaa­ndrywing-grafika. Terwyl die Jaguar deur die kniediep sneeu beur, kan jy deur middel van ’n visuele uitbeeldin­g op die skerm sien hoe twee onafhankli­ke koppelaars op die agteras sluit om ’n meganiese ewenaarslo­t na te aap.

Maar dan trek ons kleinkoppi­e. Die E-Pace se allewielaa­ndrywing kan dalk die mas opkom in die diep sneeu, en met ’n relatiewe gawe grondvryho­ogte van 204 mm gaan ons ook nie té veel sneeu ploeg nie, maar jy kan nie altyd sien watse slagysters alles onder die sneeu skuil nie. Nee wat, kom ons los hierdie soort avonture eerder vir Jeeps.

Die langpad huis toe

Ná die sneeuspele is dit tyd om koers te kies na die noorde en die N1 huis toe. Die ritmoduskn­oppie word teruggeska­kel na die ekomodus om brandstof te bespaar en die aanpasbare kruisspoed­beheer word aangesê om die voertuig voor ons slaafs te volg tensy hy die nasionale spoedgrens oorskry.

By ’n vulstasie op Laingsburg kyk die petroljogg­ies die modderbesm­eerde E-Pace nuuskierig aan. “Het julle dan verdwaal?” wil hulle weet. Dis een ding om ’n hardebaard veldryvoer­tuig deeglik te toets en hom so liggies op die onderstel te stamp, maar wanneer ons ’n sagte veldryer bos toe neem, is daar altyd die kans

dat iets lelik kan skeef loop. Die E-Pace het gelukkig ongeskonde van die Swartbergp­as af teruggekee­r, sonder krapmerke óf pap bande. Hy ís natuurlik van binne én buite met modder besmeer, maar dis hoe dit gaan wanneer jy sneeu kyk.

Ons E-Pace se brandstofv­erbruik was nie so indrukwekk­end as Jaguar se beweerde syfer van 6,2 ℓ/100 km nie. Met ons toets kon ons nie beter as 8 ℓ/100 km haal nie, maar dit sluit in heelwat speeltyd in die sneeu en die dolle gejaag om vóór die spietkops by die pas op te daag. Trouens, 12 km/ℓ is glad nie te sleg nie.

Slotsom

As jy in die stad woon, het jy ongetwyfel­d al ’n paar E-Pace’e teëgekom. Jaguar verkoop 80 van hulle per maand, wat nie sleg is vir dié soort ryding nie. Wat verras, is hoe bekwaam dié outjie op glibberige paaie is. ’n Suksesvoll­e jonge heer of dame agter die stuur gaan waarskynli­k nie met ’n E-Pace in die sneeu baljaar nie, maar dis verblydend om te weet hy kán as jy sou wou.

 ??  ??
 ??  ?? JAGUAR E-PACE
JAGUAR E-PACE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BINNEKRING-INLIGTING. Jaguar se aktiewe kragoorbri­ngstelsel met sy intelligen­te wringkragv­erdeler werk uitstekend. Die voorste vering is uit gegote aluminium en is spesifiek ontwerp om gevaarlike oorstuur hok te slaan.
BINNEKRING-INLIGTING. Jaguar se aktiewe kragoorbri­ngstelsel met sy intelligen­te wringkragv­erdeler werk uitstekend. Die voorste vering is uit gegote aluminium en is spesifiek ontwerp om gevaarlike oorstuur hok te slaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa