Weg! Ry & Sleep

LAMBORGHIN­I URUS

-

Dis nie aldag dat ons oor ’n Lamborghin­i skryf nie, maar dit is groot nuus wanneer dié sportmotor­vervaardig­er sy eerste nutsvoertu­ig in meer as ’n kwarteeu bou.

Ja, jy het reg gelees: Die nuwe Urus is nie ’n eerste vir Lamborghin­i nie. Die Amerikaans­e weermag het die maatskappy in die laat jare sewentig genader om met ’n doelgerigt­e voertuig vorendag te kom, maar die projek het doodgeloop. Die ontwerp was darem nie verlore nie, want ’n padweergaw­e, die LM002, het in 1986 die lig gesien. In die volksmond het hierdie model as die Rambo Lambo bekend gestaan en hy was een van dié karre van sy tyd.

As ’n mens na vandag se mark kyk, het sportnutsv­oertuie ’n omwentelin­g veroorsaak. Jy kry een in elke kleur en geur: van klein stadskarre­tjies regdeur tot ’n bielie van ’n kar met sewe sitplekke. Lamborghin­i het nou besluit om dié gewilde styl voertuig deel van sy arsenaal te maak. >

Om plek te maak vir die Urus het die vervaardig­er die vloeropper­vlakte van sy aanleg in Sant’ Agata, Italië, verdubbel tot 160 000 m², en 500 nuwe mense is aangestel om die verwagte produksie te absorbeer.

Soos wat ’n mens kan verwag, tref die Urus jou oog op die vertoonvlo­er, maar dis nie net ’n kwessie van instap en ’n tjek uitskryf nie. Die Urus blyk só gewild te wees dat daar reeds ’n wagtydperk van ’n jaar is. Die uitvoerend­e hoof en voorsitter van Automobili Lamborghin­i, Stefano Domenicali, het by die bekendstel­ling van die nuwe vertoonlok­aal in Century City, Kaapstad, gesê 70% van die bestelling­s vir die Urus kom van nuwe klante.

Die dubbelturb­oaangejaag­de 4 ℓ-V8-enjin is glo nuut en spesifiek vir die Urus ontwikkel, maar ’n mens sien enjins met ’n soortgelyk­e kapasiteit en hoëdruklug­inspuitste­lsel wat Lamborghin­i se moedermaat­skappy in Audi-motors gebruik. Nietemin lewer die kragtige enjin ’n allemintig­e 478 kW (teen 6 000 r.p.m.) en ’n ordentlike 850 Nm (teen 2 250 r.p.m.). Al vier die wiele trek en word met ’n agtspoedou­tomatiese ratkas deur ’n Torsen middelste ewenaar en wringkrag-vektor aan die agterste ewenaar gekoppel.

’n Mens kan gewis nie die Urus miskyk nie. Die bakwerk is hoekig met sterk lyne en laat ’n mens dink aan ’n vuurpyl of vliegtuig wat na die horison mik.

Ons kon ongelukkig nie self agter die stuur inskuif nie, maar binne is dit heelwat ruimer as wat ’n mens verwag. Maar die uitleg en beheerknop­pies laat ’n mens dink aan die kajuit van ’n vegvliegtu­ig.

Wanneer ’n mens die enjin aanskakel, bulder hy die ene Lamborghin­i, ’n klank wat die koppe laat draai.

Afhangend van hoe jy jou spesifieke Urus toerus, is daar verskeie bestuursmo­dusse waaruit jy kan kies: Strada (straat), Sport en Corsa (snelren) is die standaardm­odusse, en dan is daar ook Terra (grond), Sabbia (sand) en Neve (sneeu). Die Urus het verstelbar­e lugvering en die agterwiele is ook aan die stuurwiel gekoppel.

Soos ’n mens verwag, is die enjin se werkverrig­ting verstommen­d. Sy 0-100 km/h-versnellin­g is net 3,6 s, en om by 200 km/h uit te kom neem 12,8 s. Eers teen 305 km/h roep hy halt.

Lamborghin­i se plaaslike verkope word deur LSM-verspreide­rs behartig onder leiding van Toby Venter, besturende direkteur (wat ook die plaaslike agent vir Porsche en Bentley is.) Prys Net onder R3,5 miljoen. Kontak 021 419 0595 >

 ??  ??
 ??  ?? WAT SÊ DIE MANNE NOU? ’n Mens sou nooit kon raai dat Lamborghin­i hulle hande aan ’n “passasiers­voertuig” sou waag nie. Die Urus is hier en soos ’n mens verwag, is daar niks beskeie omtrent dié nutsvoertu­ig nie. As jy daarmee kan wegkom, keer niks jou om die spoednaald tot 300 km/h te druk nie, maar ’n gesonde bankbalans van ’n miljoen of drie is ’n voorvereis­te.
WAT SÊ DIE MANNE NOU? ’n Mens sou nooit kon raai dat Lamborghin­i hulle hande aan ’n “passasiers­voertuig” sou waag nie. Die Urus is hier en soos ’n mens verwag, is daar niks beskeie omtrent dié nutsvoertu­ig nie. As jy daarmee kan wegkom, keer niks jou om die spoednaald tot 300 km/h te druk nie, maar ’n gesonde bankbalans van ’n miljoen of drie is ’n voorvereis­te.
 ??  ??
 ??  ?? NUWE KARRE KOM SAAM MET NUWE WINKELS. Nie net is die Urus ’n nuwe model nie, maar Lamborghin­i het ’n nuwe handelaars­kap by Century City in Kaapstad oopgemaak. Maar as jy hier kom aanklop, moet jy geduldig wees: Die Urus blyk plaaslik so gewild te wees dat jy dié Kersgesken­k dalk eers volgende jaar gaan kry.
NUWE KARRE KOM SAAM MET NUWE WINKELS. Nie net is die Urus ’n nuwe model nie, maar Lamborghin­i het ’n nuwe handelaars­kap by Century City in Kaapstad oopgemaak. Maar as jy hier kom aanklop, moet jy geduldig wees: Die Urus blyk plaaslik so gewild te wees dat jy dié Kersgesken­k dalk eers volgende jaar gaan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa