Weg! Ry & Sleep

Waarheen kan jou Fortuner jou vat?

So te sê oral! Jy kan ghrênd en stylvol lyk terwyl jy op stadspaaie en snelweë ry, maar sodra jy oorskakel na grondpad, voel jy so stewig moontlik op die padoppervl­ak, selfs met ‘n wa op die haak. Die Suid-Afrikaanse platteland bied oorgenoeg agterpaaie e

-

Sophia van Taak en Toast Coetzer, joernalist­e by ons sustertyds­krif, Weg, het onlangs byna 4 000 km in ’n Toyota Fortuner afgelê met die verfilming van die TV-reeks Weg Agterpaaie se mees onlangse reeks.

Die reeks het op die Weskus gefokus met die begin in Kaapstad en die eindpunt by Alexanderb­aai. Hulle het ook ’n ompad deur die binneland gery en die Sederberg, Namakwalan­d, Richtersve­ld en Boesmanlan­d verken.

’n Mens het ’n produksies­pan nodig om ’n TV-program te maak en die kameramann­e Chris Kritzinger en Louw Prinsloo het saamgery. Wanneer ’n mens na Weg Agterpaaie Weskus kyk, sien jy net die wit Fortuner waarmee Sophia en Toast gery het. Maar elke skoot van daardie wit Fortuner wat op ’n prentjiemo­oi grondpad afdraai, is deur óf Chris óf Louw verfilm, en hulle bruin Fortuner het óók op elke bergpas en plaaspad gery waar die aanbieders se witte gery het.

Die Fortuners is uitstekend­e voertuie, wat gemaklike ritte gebied het in ry-omstandigh­ede wat soms uitdagend was. Dit het ook genoeg plek gehad vir die vrag toerusting wat die produksies­pan benodig het. Die foto’s wys vyf van ons gunsteling­plekke van dié maand lange reis. Die 4x4-gids Rey Janse van Rensburg het die span laat kennis maak met die rooi duine van die Boesmanlan­d (foto 1) op ’n plaas tussen Springbok en Pofadder. Rey het almal ’n blitskursu­s oor duinry gegee en al twee Fortuners het sonder ’n haakplek deur die sand gekom.

Die Richtersve­ld (foto 2) het die taaiste ry-uitdagings gebied, met terrein wat wissel van bergpasse tot die sanderige (en klipperige) oewer van die Oranjerivi­er.

Die Gifbergpas (foto 3) is ’n toegangsro­ete tot ’n onbekende deel van die noordelike Sederberg naby Vanrhynsdo­rp. Die uitsig oor die Knersvlakt­e van die bopunt van die pas af was ongeloofli­k.

Die Fortuners het vanselfspr­ekend die koppe laat draai oral waar die span gereis het, en in Elandsbaai (foto 4) het Natasha Engelbrech­t en Sylvia Cetywayo (sjefs by die Wit Mossel Pot Restaurant) aangedring op ’n foto saam met Sophia.

Die span het weer en weer teruggekee­r na die Weskus se branders en by Hondeklipb­aai (foto 5) het Toast die Fortuner op ’n lekker kol stilgehou vir wat wat ons Maart 2018-voorbladfo­to (Weg #161) geword het.

Weg Agterpaaie word tans op die DStv-kanaal Via op 147 heruitgesa­ai tot 5 Oktober. Vrydae 5.30 nm.; Vrydae 23.30 nm.; Saterdae 5.30 vm.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa