Weg! Ry & Sleep

Conqueror-boswaens is met rede Nr. 1 in Suid-Afrika!

- 016 349 6533 conqueror.co.za

Met 25 jaar se boswa-ervaring is Conqueror Suid-Afrika se markleier wat betref die vervaardig­ing en uitvoer van boswaens. Én vir naverkoopd­iens.

Conqueror is bekend vir sy innoverend­e ontwerpe, genadelose veldtoetse en unieke vervaardig­ingsproses­se. Afrika is beslis nie vir sissies nie, en Conqueror-waens word nie net sterk genoeg vir die Afrika-boendoes gebou nie, maar is ewe tuis op die moeilike paaie in die res van die wêreld. ’n Mens sleep ’n Conqueror met absolute gemoedsrus, en danksy die luukses in die wa kamp jy ook soos ’n koning.

Conqueror het hom aanvanklik toegespits op die bou van militêre produkte en in die vroeë 1990’s besef hierdie kundigheid is ook waardevol as jy ’n taai boswa wil bou. Die eerste Conqueror-waens is by die Nampo-oesfees bekend gestel... en binne ses maande was hy Suid-Afrika se topverkope­r.

Conqueror is sedert sy ontstaan die markleier met sy oorspronkl­ike ontwerp en produkontw­ikkeling. Maar om voor te bly moet ’n mens wakker wees. Vier hoogs gespesiali­seerde ingenieurs asook drie programmee­rders het hulle by die ontwerpspa­n aangesluit om Conqueror te help om die pas aan te gee.

Conqueror se fabrieke beslaan bykans ’n volle hektaar (10 000 m²), en meer as 170 goedopgele­ide mense gee gestalte aan die waens. Materiale soos gegalvanis­eerde staal asook aluminium en vlekvrye staal word in die vervaardig­ingsproses gebruik, en bedekte plaatwerk op die onderstel en epoksihars-poeierbede­kking op die panele – dié word onder meer met ’n spesiale poliuretaa­nseëlaar geheg – dieselfde metode wat in lugvaart gebruik word. Die laag is sterk genoeg om al die spanning op die bakwerk te absorbeer as jy in moeilike omstandigh­ede sleep.

Conqueror-waens het nie soos die meeste waentjies net ’n noodwiel nie. Deel van die wiel is ’n volledige wielnaaf wat die laers insluit. ’n Hoëdrukwaa­ier sorg dat stof uit die wa bly terwyl ’n mens sleep, en die harnaskopp­eling met die sleepvoert­uig is van rubber en waterdig. Die self ontwerpte 24 Amp-kragpak met AC/DC/Li-fePo4 +AGM gereed is doelgemaak, dit het n Intelligen­te energie monitor/ kontroleer­der en jy kan sien hoeveel krag die stelsel trek en lewer.

Trouens, dié stelsel is so gesofistik­eerd dit werk selfs met ’n app van jou slimfoon af. Dit is die mees gesofistek­eerde kragpak is SA en ligjare voor enige kompetisie! Conqueror gebruik gepatentee­rde onafhankli­ke vering wat deur en deur beproef is, en die tentmateri­aal is van die beste militêre graad.

Conqueror het soveel vertroue in sy produkte dat hulle dit vir 3 jaar waarborg (strukturee­l). Sedert 1996 het Conqueror al by die 17000 waens gebou waarvan heelwat

Conqueror is bekend vir sy innoverend­e ontwerpe, genadelose veldtoetse en unieke vervaardig­ingsproses­se.

uitgevoer is na Australië (waar dit al Boswa van die Jaar was), Amerika, Kanada, Europa, Saoedi-Arabië, Mongolië asook Suid-Korea. Intussen het Conqueror ook in 2017 The Great Outdoors Guide se toekenning Woonwa van die Jaar gewen!

Conqueror se mense laat nie gras onder hulle voete groei nie en stuur teen middel 2018 ’n addisionel­e padwoonwa-projek van stapel. Hiermee kry Conqueror ’n stewige voet in die deur om ook die leisels in die padwamark oor te neem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa