Weg! Ry & Sleep

Drie keer so lekker by Pienaardam

By die Pienaardam kan jy nie net tussen drie visspesies kies nie, maar ook tussen drie damme... en jy kamp reg op die vis se voorstoep.

-

PIENAARDAM-ONTSPANNIN­GSOORD Kies jou dam

Die Pienaardam-oord is skaars 10 km buite Middelburg waar die N4 deurskiet Laeveld toe.

Die oord beslaan ’n hele 300 ha en die Pienaardam lê voor jou soos jy die oord binnery. Die ontvangska­ntoor sit regs en die staanplekk­e begin van hier af antikloksg­ewys teenaan die oewer tot op die oorkantse wal. Die kans is goed dat jy ’n staanplek teen die oewer gaan kry, want 55 van die 80 staanplekk­e is by die water. Die 17 staanplekk­e op die oorkantse wal het wel nie kragpunte nie, maar net soos al die ander het elkeen sy eie waterkraan en geboude braaiplek (met ’n rooster). Die staanplekk­e is meestal op gras, en afhangend van waar jy staan, is hier ook ’n hele paar koeltebome om van te kies.

Meer as 10 ablusieblo­kke staan deur die oord versprei, wat beteken jy gaan nooit te ver van die badkamer af wees nie.

Hier is heelwat om die kroos besig te hou – daar is doendinge soos ’n minigholfb­aan, treintjier­it en begeleide ponieritte, maar die oord het ook nie minder nie as vier swembadden­s. Én die eienaars bied gratis wildritte aan waarop jy jou kan regmaak om onder meer gemsbok, blesbok, sebra, springbok en volstruis te sien. Jy is ook welkom om in jou eie voertuig te gaan wild kyk.

As jy lyn natmaak, kan jy verwag om karp, swartbaars en baber te kry. Die dam is op sy breedste 700 m en die inloop is van die inrykant af so 1,2 km voor jou. As jy net baars soek, is hier nog twee kleiner damme ’n paar honderd meter regs van die groter dam.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa